From Wikipedia, the free encyclopedia
Klas 91 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik word. Hierdie lokomotief is ontwerp vir smalspoorlyne (610 mm) die enigste sodanige lokomotief van die SAS. Die lokomotief het 'n Bo-Bo uitleg (twee twee-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as).
Spoornet no. 91-007 met die Apple Express-trein by Humewoodwegstasie, 10 Julie 2010 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Diesel-elektries |
Ontwerper | General Electric |
Vervaardiger | General Electric |
Serienommer | 38603-38622[1] |
Model | GE UM6B |
Klas | Klas 91-000 |
Vervaardig | 1944 |
Aantal gebou | 20 |
Bouspesifikasies | |
AAR wieluitleg | B-B |
UIC wielklassifikasie | Bo'Bo' |
Spoorbreedte | 610 mm (2 vt) |
Wielbasis | 2.108 m per boegie 7.29 m totaal |
Lengte | 10.58 m |
Breedte | 2.564 m |
Hoogte | 3.632 m |
Asbelasting | 12000 kg |
Lokomotiefmassa | 44000 kg |
Aandrywing | |
Brandstof | Diesel |
Brandstofkapasiteit | 1600 l |
Primêre aandrywing | Caterpillar D-379 |
Enjin o.p.m. | 650 opm luier 1 365 opm maksimum |
Enjintipe | Vierslagdiesel |
Belugting | Schwitzer 4ME 455 turboaanjaer |
Generator | GS 6 pool GE 5GT-601C1 |
Traksiemotors | Vier GE 5GE-778AI GS 4 pool * 410A vir 1 uur |
Silinders | V8 |
Transmissie | Dubbelreduksie 13,68/1 ratverhouding |
Veelvuldige werking | 3 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 50 km/h |
Kraglewering | 520 kW wegtrek 480 kW aanhoudend |
Trekkrag | 108 kN wegtrek 86 kN teen 15 km/h |
Hegfaktor | 25% wegtrek 20% aanhoudend |
Lokomotiefremme | 28-LV-1 85 kN |
Lokoremkrag | 60% verhouding 345 kPa remsilinderdruk |
Veiligheidstelsels | Waakbeheer |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Transnet Freight Rail RRL Grindrod |
Aantal in klas | 20 |
Vlootnommer(s) | 91-001 tot 91-020 |
Afleweringsdatum | 1973 |
Eerste tog | 1973 [2] |
Die lokomotief is verskaf deur General Electric van die VSA, bekend as produk UM6B wat 'n variasie van hulle standaard U6B-model is. Spesiale draaistelle is ontwerp vir die lokomotief om op die smalspoor te pas; die traksiemotors is tussen die aste geplaas wat grondvryhoogteprobleme opgelewer het.
Die lokomotief is toegerus met 'n Caterpillar D375 turboaangejaagde V8-dieselenjin en het beide lug- en dinamiese remme. Die remme is ook voorsien van 'n vertragingsmeganisme wat verhoed dat die waens opeenhoop wanneer die trein rem of ruk wanneer dit versnel. Wanneer lokomotiewe saam gekoppel word het dit tot gevolg dat tot sewe kabels tussen die eenhede gekoppel moet word. Die lokomotiewe is ook toegerus met 'n Willisontipe koppeling. Die lokomotief kan 'n maksimum spoed van 50 km/h handhaaf.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.