Klas 3A-stoomlokomotief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suid-Afrikaanse Spoorweë Klas 3A 4-8-2, ook bekend as die "American D", is 'n tenderlokomotief wat in 1910 deur die Natalse Regeringspoorweë van die American Locomotive Company bestel is.
Kitsfeite Tipe en oorsprong, Kragtipe ...
NGR Klas B nr. 335, later SAS Klas 3A nr. 1476 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Natalse Regeringspoorweë |
Vervaardiger | American Locomotive Company |
Serienommer | 46176 |
Model | NGR America D |
Klas | NGR: Klas B SAS: Klas 3A |
Vervaardig | 1909 |
Aantal gebou | 1 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2T "Mountain" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 724 mm (281⁄2 dm) |
Dryfwielomtrek | 1156 mm (451⁄2 dm) |
Agterwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Wielbasis | 17,551 m Totaal Enjin: 1,829 m boegie 3,886 m koppeling 9,296 m totaal tender: 1,778 m boegie 5,436 m totaal |
Lengte | 19,961 m oor koppelaars |
Hoogte | 3,810 m |
Raamwerk | Staafraamwerk |
Asbelasting | 14,8 t op die vierde drywer |
Massa op dryfwiele | 56,5 t |
Lokomotiefmassa | 77,7 t |
Tendermassa | 43,5 t |
Gesamentlike massa | 121,3 t |
Tendertipe | Twee asboegies met 914 mm (30 dm) wiele |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 8,4 t |
Waterkapasiteit | 18 000 liter |
Stoomketel | 1641 mm binneomtrek 5674 mm binnelengte |
Stoomketeldruk | 1100 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 3,368 m2 |
172 buise met 57 mm omtrek 15 buise met 155 mm omtrek 210,7 m2 | |
– Vuurkas | 13,8 m2 |
224,5 m2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 610 mm (24 dm) boor 610 mm (24 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | Teen 75% keteldruk 162 kN |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Natalse Regeringspoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 1 |
Vlootnommer(s) | NGR: 335 SAS: 1476 |
Bynaam | Maud Allen |
Afleweringsdatum | 1910 |
Eerste tog | 1910 |
Onttrekkingsdatum | 1935 |
Sluit
Terselfdertyd dat die 4-8-2 "Mountain"-tipe tenderlokomotiewe bestel is, het die Natalse Regeringspoorweë ook 'n Mallet-tipe 2-6-6-2 lokomotief bestel om die twee lokomotiewe te vergelyk. Albei lokomotiewe is as "Klas B" geklassifiseer. In 1912, toe die lokomotiewe na die Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgedra is, is hulle hernommer en herklassifiseer, maar hulle kry verskillende klassifiserings. Die 4-8-2 is as "Klas 3A" herklassifiseer.[2][3]