From Wikipedia, the free encyclopedia
Klas 12E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is tussen Johannesburg en Pretoria vir snelpassasiersdienste as deel van Metroblitz. Vyf van die lokomotiewe is in diens gestel in 1983 op die nuwe hoëspoed passasiersdienste. Die lokomotief is 'n variasie van die Klas 6E1-lokomotief en benodig ook 3 kV gelykstroom toevoer. Hulle het dieselfde kraglewering as Klas 6 maar met 'n groter ratverhouding van 23/66 in vergelyking met 18/67 van die Klas 6. Hulle veilige maksimum spoed is 150km/h. Die passasierswaens is toegerus met spesiale draaistelle en ook skyfremme. Omrede daar 'n lokomotief aan weerskante van die trein is, is hulle toegerus met slegs een kajuit per lokomotief.
SAR no. 12-003 by Koedoespoort, Pretoria, 2 Oktober 2009 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | Union Carriage & Wagon |
Vervaardiger | Union Carriage & Wagon |
Model | UCW 12E |
Klas | Klas 12E [1] |
Vervaardig | 1982-1983 |
Aantal gebou | 5 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Bo-Bo |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 3.430 m |
Wielbasis | 11.279 m |
Lengte | 15.494 m |
Breedte | 2.896 m |
Hoogte | 4.127 m pantograwe neer |
Asbelasting | 20 900 kg |
Lokomotiefmassa | 83 600 kg |
Kragverkryging | Pantograwe |
Traksiemotors | Vier AEI 283 AY |
Transmissie | 23/66 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 150 km/h |
Kraglewering | Per motor: 623 kW 1 uur 563 kW aanhoudend Totaal: 2492 kW 1 uur 2252 kW aanhoudend[2] |
Trekkrag | 240 kN wegtrek 170 kN 1 uur 149 kN aanhoudend |
Lokomotiefremme | Heropwekkingremme |
Lug | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Transnet Freight Rail |
Kragklas | 3 kV DC |
Aantal in klas | 5 |
Vlootnommer(s) | 12-001 tot 12-005 |
Plek gebruik | Suid-Afrika |
Afleweringsdatum | 1983 |
Eerste tog | 1983 |
Die lokomotief is deur Union Carriage & Wagon van Suid-Afrika gebou.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.