From Wikipedia, the free encyclopedia
Kepler-444 is ’n ster wat sowat 11,2 miljard jaar oud is (meer as 80% van die heelal se ouderdom).[3] Dit is sowat 116 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Lier geleë. Die Kepler-ruimteteleskoop het op 27 Januarie 2015 die bestaan van vyf rotsagtige eksoplanete kleiner as die Aarde in ’n wentelbaan om die ster bevestig.[4][5][6][7] Volgens Nasa kan geen lewe soos ons dit ken op hierdie warm planete voorkom nie weens hul nabyheid aan Kepler-444.[4]
Kepler-444 | ||||
Sterrebeeld | Lier | |||
Spektraaltipe | K0 V[1] | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 19m 01.0s[2] | |||
Deklinasie | +41° 38′ 05″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 8,86 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,758 (± 0,043) | |||
Radius (R☉) | 0,752 (± 0,014) | |||
Ouderdom (jaar) | 11,23 miljard | |||
Temperatuur (K) | 5 040 (± 74) | |||
Afstand (ligjaar) | 116 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,55 (± 0,07) | |||
Ander name | ||||
KOI-3158; 2MASS J19190052+4138043; TYC 3129-00329-1; KIC 6278762; LHS 3450; HIP 94931; BD+41 3306 | ||||
|
Die ster is ook onder verskeie ander name bekend, soos KOI-3158, KIC 6278762 en 2MASS J19190052+4138043.[4][5][6][3][7][8]
Kepler-444 is sowat 11,2 miljard jaar oud, in teenstelling met die Son se 4,6 miljard jaar. Die ouderdom van die ster, ’n K0-tipe hoofreeksster,[8] is meer as 80% van dié van die heelal.[3]
Dit is deel van ’n stelsel wat ook twee M-tipe sterre bevat. Die M-sterre wentel op ’n afstand van minder as 0,3 AE om mekaar, terwyl hulle saam in ’n hoogs eksentrieke 198-jaar-wentelbaan om die hoofster beweeg.
Voorlopige resultate van die planeetstelsel om Kepler-444 is die eerste keer in 2013 aangekondig toe die ster nog bekend was as KOI-3158.[9]
Al vyf rotsplanete (b tot f) is intussen bevestig.[7] Hulle is kleiner as Venus, maar groter as Mercurius, en voltooi ’n wentelbaan om die hoofster in minder as 10 dae.[4][3] Selfs die verste ster, f, se wentelbaan is kleiner as Mercurius s’n om die Son.[8]
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | — | 0,04178 | 3,60001053 | 0,16 | 88 | 0,4 R⊕ |
c | — | 0,04881 | 4,5458841 | 0,31 | 88,2 | 0,497 R⊕ |
d | 0,036+0,065−0,020 M⊕ | 0,06 | 6,189392 | 0,18 | 88,16 | 0,53 R⊕ |
e | 0,034+0,059−0,019 M⊕ | 0,0696 | 7,743493 | 0,1 | 89,13 | 0,546 R⊕ |
f | — | 0,0811 | 9,740486 | 0,29 | 87,96 | 0,741 R⊕ |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.