Kepler-37
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kepler-37 is ’n G-tipe hoofreeksster 209 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Lier. Dit het vier eksoplanete, wat almal in ’n wentelbaan na aan die ster is. Kepler-37 se massa is omtrent 80,3% van die Son s’n en sy radius sowat 77%.[4] Dit is effens koeler en effens ouer as die Son.[5]
Kitsfeite
Kepler-37 | ||||
’n Vergelyking van Kepler-37 se planete met die Maan en planete van die Sonnestelsel. | ||||
Sterrebeeld | Lier | |||
Spektraaltipe | G8 V | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 56m 14.3078s[1] | |||
Deklinasie | 44° 31′ 05.389″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 9,71[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,803 (± 0,07)[3] | |||
Radius (R☉) | 0,77 (± 0,026)[3] | |||
Ouderdom (jaar) | 5,66 miljard | |||
Temperatuur (K) | 5 417 (± 75)[3] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 1,1 (± 1,1)[3] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | –0,32 (± 0,07)[3] | |||
Ander name | ||||
KOI-245, KIC 8478994,[2] TYC 3131-1199-1 | ||||
|
Sluit