From Wikipedia, the free encyclopedia
Kepler-11 is ’n ster baie soos die Son, maar effens groter, in die sterrebeeld Swaan. Dit is sowat 2 000 ligjare (613 parsek) van die Aarde af.[1] Dit is binne sigafstand van Nasa se Kepler-ruimteteleskoop. Op 2 Februarie 2011 is aangekondig die planetêre stelsel is van die mees kompakte stelsels wat nog ontdek is. Dit was die eerste ster met ses planete wat ontdek is. Al die planete is groter as die Aarde, met die grootstes omtrent so groot soos Neptunus.
Kepler-11 | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van drie planete wat tegelykertyd voor Keppler-11 verbybeweeg, soos op 26 Augustus 2010 deur Nasa se Kepler-ruimtetuig waargeneem. | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Spektraaltipe | G6V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 48m 27,622s | |||
Deklinasie | +41° 54′ 32,87″ | |||
Skynmagnitude (m) | 14,2 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,95 | |||
Radius (R☉) | 1,1 | |||
Ouderdom (jaar) | 8 miljard | |||
Temperatuur (K) | 5 680 | |||
Afstand (ligjaar) | 2 000 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 6 | |||
Ander name | ||||
KIC 6541920, KOI 157 | ||||
|
Kepler-11 en sy planete is deur Nasa se Kepler-ruimtetuig ontdek. Dié tuig soek na sterre wat ’n verdowwing ondergaan. Dié verdowwing kan ’n teken wees van planete wat voor die ster verbybeweeg soos van die Aarde af gesien kan word . Kepler-11 was die eerste planeet wat ontdek is met meer as drie planete wat voor hom verbybeweeg.[2]
Kepler-11 is na die Kepler-sending genoem; dit is die elfde ster wat deur Kepler ontdek is wat bevestigde planete het. Die planete is (in volgorde van die ster af): Kepler-11b, Kepler-11c, Kepler-11d, Kepler-11e, Kepler-11f en Kepler-11g.
Kepler-11 is ’n G-tipe ster met ongeveer 95% van die massa en 110% van die radius van die Son. Dit het ’n oppervlaktemperatuur van sowat 5 680 kelvin en is 8 miljard jaar oud.[3] (Die Son is sowat 4,6 miljard jaar oud[4] en het ’n oppervlaktemperatuur van 5 778 kelvin.)[5]
Die skynbare magnitude van die ster is 13,7 en daarom kan dit nie met die blote oog gesien word nie.[3]
Al ses sterre beweeg voor die ster verby, soos van die Aarde af gesien. Die geraamde massa van planete Kepler-11b tot Kepler-11f stem ooreen met dié tussen die Aarde en Neptunus. Almal se geraamde digthede is laer as dié van die Aarde en dit dui daarop dat nie een van hulle dieselfde samestelling as die Aarde het nie.[6] Dit lyk of planete Kepler-11d, e en dalk f ’n atmosfeer van heelwat waterstof het, terwyl b en c waarskynlik ’n aansienlike hoeveelheid ys bevat, asook óf waterstof óf helium óf albei.[1]
Die stelsel is een van die kompakste stelsels bekend; die wentelbaan van Kepler-11b tot Kepler-11f sal maklik pas binne die wentelbaan van Mercurius, met Kepler-11g nie veel verder nie. Tog is daar aanduidings dat die stelsel oor miljarde jare stabiel kan bly.[1]
Daar kan nog sterre in die stelsel wees wat nie voor die ster verbybeweeg nie, maar hulle sal nie op dieselfde manier as die ander opgespoor kan word nie.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | 4,3 (2,3 – 6,5) M⊕ | 0,091 | 10,30375 | 0 | — | — |
c | 13,5 (7,4 – 18,3) M⊕ | 0,106 | 13,02502 | 0 | — | — |
d | 6,1 (4,4 – 9,2) M⊕ | 0,159 | 22,68719 | 0 | — | — |
e | 8,4 (6,5 – 10,9) M⊕ | 0,194 | 31,9959 | 0 | — | — |
f | 2,3 (1,1 – 4,5) M⊕ | 0,25 | 46,68876 | 0 | — | — |
g | <300 M⊕ | 0,462 | 118,37774 | 0 | — | — |
Relatiewe grootte en posisie van die ses planete van Kepler-11, in vergelyking met die binneste sonnestelsel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.