Katutura
voorstad van Windhoek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Katutura (Otjiherero vir Die plek waar mense nie wil wees nie) is 'n voorstad van Windhoek, Khomas-Streek, Namibië.[1] Katutura is geskep in 1961 na aanleiding van die gedwonge verwydering van Windhoek se swart bevolking vanaf die 'Ou Lokasie', wat daarna ontwikkel is in die voorstad Hochland Park. Sam Nujoma-Stadion, wat in 2005 gebou is, is geleë in Katutura. Katutura staatshospitaal, een van die twee staatshospitale in Windhoek gebied, is geleë in die dorp.