Kadjar-dinastie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kadjar-dinastie (luister (hulp·inligting); Persies: سلسله قاجار, Selsele-ye Qājār, Azerbeidjans: Qacarlar قاجارلر) was 'n Irannese[1] koninklike dinastie van Turkse oorsprong,[2][3][4] spesifiek van die Kadjar-stam. Dit het van 1789 tot 1925 oor Iran regeer.[5] Die Kadjar-familie het in 1794 volle beheer oor Iran geneem deur Lotf 'Ali Khan, die laaste sjah van die Zand-dinastie, af te sit en Irannese heerskappy oor 'n groot deel van die Kaukasus te herstel. In 1796 het Aga Mohammed Khan die stad Mashhad maklik verower[6] en 'n einde gebring aan die Afsjarid-dinastie. Mohammed Khan is toe amptelik as sjah gekroon ná sy strafveldtog teen Iran se Georgiese onderdane.[7]
Kadjar-dinastie | |
---|---|
Sjah van Iran | |
Land | Persië |
Gestig | 1789 |
Stigter | Aga Mohammed Khan (1789-1797) |
Laaste heerser | Ahmad Sjah (1909-1925) |
Afgesit | 1925 |
Opgevolg deur | Pahlavi-dinastie |
In die Kaukasus het die Kadjar-dinastie in die loop van die 19de eeu baie van Iran se integrale gebiede[8] aan die Russiese Keiserryk afgestaan, insluitende die hedendaagse Georgië, Dagestan, Azerbeidjan en Armenië.[9]