Georgiërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Georgiërs of Kartweliërs (Georgies: ქართველები, kartwelebi) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Georgië wat Georgies en ander Kartweliese tale as moedertaal praat. Hulle vorm naas die Azerbeidjanners en die Armeniërs die derde grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en die titulêre nasie van Georgië, waar hulle sowat 84% van dié land se bevolking uitmaak.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Georgies.
Georgiërs Kartweliërs | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 5–7 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Georgië ~3,7 miljoen[1] Rusland 157 803[2] |
Taal: | Georgies en ander Kartweliese tale |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk) Minderhede van Ateïsme, Rooms-Katolieke Kerk, Islam |
Verwante etniese groepe: |
Volgens oorlewerings is die Georgiërs afstammelinge van Kartlos, hul mitiese voorvader in die Georgiese mitologie. Kartlos was 'n nakomeling van die Bybelse Noag en moontlik naamgewer van die Georgiërs (Kartweliërs).
Die meeste Georgiërs is aanhangers van die Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk, een van die wêreld se oudste nasionale kerke. Reeds in die 4de eeu het die Christendom die Koninkryk van Iberië bereik en die staatsgodsdiens van Georgië geword. Daarbenewens bestaan minderhede soos ateïste, Rooms-Katolieke en Moslems.
Wêreldwyd leef tussen 5 en 7 miljoen Georgiërs, waarvan sowat as 3,7 miljoen in Georgië, 157 803 in Rusland, 34 199 in Oekraïne en 27 400 in Griekeland. Naas Georgiërs leef nog klein minderhede soos Azerbeidjanners (6,5%) en Armeniërs (5,7%) in Georgië.