Amerikaanse aktrise From Wikipedia, the free encyclopedia
Jennifer Joanna Aniston[1] (geb. 11 Februarie 1969) is ’n Amerikaanse aktrise, vervaardiger en sakevrou. Sy is die dogter van die akteur John Aniston en aktrise Nancy Dow.
Jennifer Aniston | |
Aniston in Februarie 2012 met die inhuldiging van haar ster op die Hollywood Walk of Fame. | |
Geboortenaam | Jennifer Joanna Aniston |
---|---|
Geboorte | 11 Februarie 1969 Los Angeles, Kalifornië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1987–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Aniston is in Sherman Oaks in Los Angeles, Kalifornië,[2] gebore as die dogter van twee akteurs.[2] Haar pa, John, is Grieks en ’n boorling van Kreta, en haar ma, Nancy Dow, is in New York-stad gebore. Aniston het twee halfbroers.[2]
As kind het Aniston vir ’n rukkie saam met haar ouers in Griekeland gewoon. Hulle het daarna na Pennsilvanië verhuis en later na New York.[2] Haar ouers is geskei toe sy nege jaar oud was.[1] Haar pa is veral bekend vir sy rol as Victor Kiriakis in die sepie Days of Our Lives, wat hy in 1985 geskep het.[3][4]
Aniston het internasionaal bekend geraak danksy haar rol as Rachel Green in die gewilde TV-sitkom Friends (1994–2004), waarvoor sy ’n Emmy, Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen het. Die karakter was baie gewild en is erken as een van die 100 beste vrouekarakters op Amerikaanse TV.[5][6]
Aniston het die vroulike hoofrol in verskeie komedie- en romantiese komedieprente vertolk. Treffers waarin sy te sien was, sluit in Bruce Almighty (2003), The Break-Up (2006), Marley & Me (2008), Just Go with It (2011), Horrible Bosses (2011) en We're the Millers (2013). Elkeen van hulle het wêreldwyd meer as $200 miljoen laat inrol.[7] Sy het die beste resensies gekry vir haar spel in The Good Girl (2002) en Cake (2014). Vir laasgenoemde is sy benoem vir ’n Golden Globe en Screen Actors Guild Award vir beste aktrise. Ander prente sluit in Along Came Polly (2004) en He's Just Not That Into You (2009). In 2008 was sy ’n medestigter van die vervaardigingsmaatskappy Echo Films.
Aniston het in 2012 ’n ster gekry op die Hollywood Walk of Fame. Sy is een van die bes betaalde aktrises in Hollywood[8][9] en in 2014 is haar fortuin op $150 miljoen geraam.[10] Sy is ook al ’n paar keer aangewys as een van die wêreld se mooiste vroue.[11][12][13][14]
Haar persoonlike lewe wek ook wyd belangstelling. Sy is in 2005 geskei van Brad Pitt, met wie sy vyf jaar getroud was. Sy is in 2015 getroud met die akteur Justin Theroux.
Prys | Gewen | Benoem |
---|---|---|
1 | 3 | |
1 | 6 | |
|
1 | 10 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.