From Wikipedia, the free encyclopedia
Jayavarman VI (Khmer: ជ័យវរ្ម័នទី៦) was van omstreeks 1080 tot 1107 koning van die Khmer-ryk.
Jayavarman VI | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Bewind | c. 1080-1107 |
Voorganger | Harshavarman III |
Opvolger | Dharanindravarman I |
Dinastie | Khmer-ryk |
Postume naam | Paramakaivalyapada |
Tydens die bewind van Udayadityavarman II en Harshavarman III was daar interne rebellies en ’n onsuksesvolle oorlog teen Champa.[1] Harshavarman het moontlik in Angkor regeer toe Jayavarman VI tydens ’n opstand die troon oorneem.[2]:376–377
Jayavarman was van die Phimai-gebied in die hedendaagse Thailand en dit lyk of hy ’n troonrower en die stigter van ’n nuwe dinastie, die Mahidharapura, was.[3] Dit was die naam van die tuiste van sy familie se voorouers. In inskripsies aan die begin van sy bewind het hy beweer hy is ’n afstammeling van die mitiese egpaar prins Sage Kambu Swayambhuva en sy vrou en suster, Mera,[4]:66[5]:46-60 in plaas van ’n werklike koninklike lyn.
Jayavarman VI was moontlik jare lank betrokke in ’n stryd teen die troue volgelinge van die laaste wettige koning, Harshavarman III, en sy erfgenaam, Nripatindravarman, wat dalk tot in 1113 in Angkor regeer het.[4]:153
Hy kry die eer vir die bou van die tempel Phimai. Hy is deur sy ouer broer, Dharanindravarman I, opgevolg en het die postume naam Paramakaivalyapada gekry.[4]:153
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.