Udayadityavarman II

From Wikipedia, the free encyclopedia

Udayadityavarman II

Udayadityavarman II (Khmer: ឧទ័យាទិត្យវរ្ម័នទី២) was van 1050 tot 1066 koning van die Khmer-ryk. Hy het Suryavarman I[1]:137 opgevolg.

Kitsfeite Bewind, Voorganger ...
Udayadityavarman II
Koning van die Khmer-ryk
Bewind 1050–1066
Voorganger Suryavarman I
Opvolger Harshavarman III
Dinastie Khmer-ryk
Vader Suryavarman I
Oorlede 1066
Sluit
Thumb
’n Stele wat deur Udayadityavarman II opgerig is.

Bewind

Hy het die tempel Baphuon laat bou ter ere van die Hindoegod Shiva, maar van die standbeelde is opgedra aan die Boeddha. Hy het ook bouwerk aan die reservoir Wes-Baray voltooi en Wes-Mebon, ’n eiland in die middel daarvan, laat bou.[1]:138[2]:103[3]:371

Die tempel Sdok Kak Thom, naby die hedendaagse dorp Aranyaprathet in Thailand, is ook in sy tyd gebou. Die tempel is bekend daarvoor dat ’n gedetailleerde inskripsie op ’n stele die volgorde van vorige Khmer-konings aangee. Die stele is nou in die nasionale museum in Bangkok.

Verskeie rebellies is tydens sy bewind onderdruk, onder meer in 1051 en 1065.[1]:138–139[2]:104 Hy is in 1066 deur sy jonger broer, Harshavarman III, opgevolg.[1]:139

Verwysings

Ekstra bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.