J.G. Links
From Wikipedia, the free encyclopedia
Joseph Gluckstein Links OBE (1904–1997) was 'n Britse pelshandelaar, kunshistorikus, reis- en misdaadfiksieskrywer van Joods-Hongaarse afkoms wat - as outodidak - bekendheid verwerf het met sy gedetailleerde kennis van en publikasies oor die werk van die Venesiaanse skilder Canaletto en Venice for Pleasure, 'n reisgids wat beskrywings lewer vir aanbevole staptoere deur Venesië.[1] In die gids het Links hom beperk tot die beskrywing van fisiese besonderhede wat oor die eeue heen grotendeels onveranderd gebly het, en so kan die boekie, wat in 1966 gepubliseer is, ook in die 21ste eeu steeds van nut wees vir die toeris. Net klein wysigings moes aangebring word sedert die eerste uitgawe verskyn het. Links het hom, wat illustrasies betref, beperk tot historiese skilderye, tekeninge en foto's. Die werk is ingesluit in James Mustich se lys van 1,000 Books to Read Before You Die.[2]
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
J.G. Links was getroud met Mary Lutyens (1908–1999), die vierde en jongste dogter van die Britse argitek Edwin Lutyens.