![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8a/J%25C5%25ABrmala_2.jpg/640px-J%25C5%25ABrmala_2.jpg&w=640&q=50)
Jūrmala
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jūrmala (in Lets beteken die stadsnaam «Strand»; Duits: Rigastrand) is 'n stad aan die Golf van Riga, sowat 20 kilometer wes van die Letlandse hoofstad Riga met 'n oppervlakte van 100 vierkante kilometer en 'n bevolking van 57 385 (soos op 1 Januarie 2014). Jūrmala is die tweede grootste nedersetting in Letland ten opsigte van sy oppervlakte en die vyfde grootste ten opsigte van sy inwonerstal. Dit het veral bekendheid verwerf as die Baltiese lande se grootste gesondheidsoord, met 'n wit sandstrand wat oor 'n lengte van 26 km strek.[2] 'n Derde van Letland se blouvlagstrande is in Jūrmala geleë.
Ligging in Letland | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Gewes | Lyfland (Vidzeme) |
Koördinate | 56°57′N 23°45′O |
Stadstatus | 1920 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 100 vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2016) | 57 371[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 573,7/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET)/+3 (OEST) |
Burgemeester | Gatis Truksnis |
Amptelike Webwerf | www.jurmala.lv |
Die huidige stad is op 11 November 1959 geskep toe die stede Sloka, Ķemeri en Rīgas Jūrmala met 'n aantal vissersdorpe (in wes-oostelike rigting: Ķemeri, Jaunķemeri, Sloka, Kauguri, Vaivari, Asari, Melluži, Pumpuri, Jaundubulti, Dubulti, Majori, Dzintari, Bulduri en Lielupe) tot 'n gemeenskaplike nedersetting saamgesmelt is wat tans oor 'n afstand van 32 kilometer vanaf die Lielupe-rivier se uitmonding in die Oossee tot by die stadswyk Kauguri strek. Groot dele van Jūrmala is vir padverkeer gesluit om die rustige karakter van die strand- en gesondheidsoord te bewaar. Die Nasionale Ķemeri-park met sy moeraslande en talle mere is wes van Jūrmala geleë.