From Wikipedia, the free encyclopedia
Die inkvisstinkhoring (Clathrus archeri (Berk.) Dring, 1980) is 'n swam wat plaaslik algemeen en wydverspreid in Suid-Afrika voorkom.[2] Hierdie spesie kom oorspronklik uit Australië en Nieu-Seeland en het Europa tydens die Eerste Wêreldoorlog bereik. Die naam stinkhoring is tereg: dit stink na vrot vleis! Hierdie spesie se paddastoel kruip eers uit ‘n soort eier wat wel hekse- of duiweleiers genoem word. Die ‘eier’ is ongeveer 2 tot 3 cm in deursnee en die 4 tot 6, soms 8 rooi ‘vingers’ wat daaruit te voorskyn kom kan tot 20 cm in deursnee groei. In Brittanje word dit wel 'duiwelsvingers' genoem. Die spesie is saprobioties, wat wil sê dat dit onder bossies en struike op dooie plantmateriaal leef. Teenswoordig word dit ook op deklae van houtsnippers aangetref. Die paddastoel word gewoonlik in die somer gevorm. Dit is nie giftig nie maar dit word vanweë die stank ook nie geëet nie. [3]
Inkvisstinkhoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | Agaricomycetes |
Orde: | Phallales |
Familie: | Phallaceae |
Genus: | Clathrus |
Spesie: | C. archeri |
Binomiale naam | |
Clathrus archeri (Berk.) Dring 1980 | |
Sinonieme | |
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.