From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hyundai i20 WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat deur Hyundai gebou is vir gebruik vanaf die 2014 Wêreldtydrenkampioenskap.[6] Dit is gebaseer op die Hyundai i20 subkompakte motor, en onthul by die 2012 Paryse Motorskou. Die bekendstelling van die i20 merk Hyundai se terugkeer na die Wêreldtydrenkampioenskap na tien jaar se afwesigheid.[7] Die motor het sy eerste mededingende verskyning by die 2014 Monte Carlo-tydren gemaak.[8]
Thierry Neuville en Nicolas Gilsoul met die Hyundai i20 WRC in die 2014 Rallye Deutschland. | |
Oorsig | |
---|---|
Kategorie | Wêreldtydrenmotor |
Vervaardiger | Hyundai |
Tegniese spesifikasies | |
Onderstel | Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok volgens FIA-regulasies |
Enjin | Viersilinder turbo, 16-klepper |
Transmissie | 6-gang sekwensiële handratkas |
Brandstof | Shell FuelSave 95 of Shell 95 RON loodvry |
Kompetisiegeskiedenis | |
Span | Hyundai Shell Wêreldtydrenspan Hyundai Motorsport N[1] |
Renjaers | Chris Atkinson Bryan Bouffier[2] Juho Hänninen[3] Thierry Neuville[4] Hayden Paddon[1] Dani Sordo Kevin Abbring[5] |
Debuut | 2014 Monte Carlo Tydren |
Eerste wen | 2014 Rallye Deutschland |
Laaste wen | 2014 Rallye Deutschland |
Die motors word voorberei deur Hyundai se prestasie-afdeling, Hyundai Motorsport, by 'n werkswinkel in Frankfurt, Duitsland,[9] en bestuur deur Thierry Neuville,[4] met Juho Hänninen, Chris Atkinson en Dani Sordo as deel van die span se verdere inskrywings.[10][3] 'n Derde i20 sal in die Portugese tydren vir Sordo gereed wees,[11] met 2011 Produksiemotorwêreldtydrenkampioen Hayden Paddon in die derde motor in sewe tydrenne tydens die tweede helfte van die seisoen. Bykomende ontwikkelingswerk is uitgevoer deur Bryan Bouffier.[12]
Vir 2015 is jaers Thierry Neuville, Dani Sordo en Hayden Paddon behou. Daarbenewens sal die Nederlander Kevin Abbring die hooftoetsbestuurder vir die nuwe Hyundai i20 WRC wees.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.