From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Horoskoop is 'n astrologiese kaart of diagram wat die posisie van die son, maan, planete, astrologiese aspekte en sensitiewe hoeke verteenwoordig met die tyd van 'n gebeurtenis, soos 'n mens se geboorte. Die woord is afgelei van die Griekse woorde ōra, "tyd", en scopos, "waarnemer". Dit is ook bekend as 'n geboortekaart, astrologiese kaart, lugkaart, kaartwiel of bloot kaart.
Die kaart vorm die basis van astrologiese voorspellings. In koerante en tydskrift is daar dikwels 'n astrologiese rubriek[1] wat berus op die son se invloed op 'n mens se geboortemaand (sy "sterreteken"), gebaseer op die tropiese diereriem.[2] Omdat astrologie veronderstel is om die stand van hemelliggame in 12 huise in ag te neem, en nie net dié van die son nie, is dié soort voorspellings 'n eensydige aspek wat net 1⁄12 van die totale kaart verteenwoordig.
Chinese astrologie toon 'n nou verband met Chinese filosofie (die teorie van die drie harmonieë: hemel, aarde en mens) en die gebruik van begrippe soos jin en jang, die Vyf fases, die 10 Hemelstamme, die 12 Aardtakke en shichen, 'n manier van tydhouding vir godsdienstige doeleindes). Die vroeë gebruik van Chinese astrologie was hoofsaaklik beperk tot politieke astrologie, die waaneming van ongewone verskynsels, die identifikasie van voorbodes en die keuse van gunstige dae vir gebeure en besluite.[3]:22,85,176
In Hindoe-astrologie word geboortekaarte kundali genoem en is dit na bewering geskoei op die beweging van die sterre en maan. Belangrike gebeurtenisse soos troues vind plaas nadat 'n mens se kundali geraadpleeg is.
Daar is geen wetenskaplike studies wat die akkuraatheid van astrologie bevestig nie, en die metodes om voorspellings te maak word beskou as 'n skynwetenskap.[4][5][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.