From Wikipedia, the free encyclopedia
Die huise in astrologie is die twaalfvoudige verdeling van die horoskoop wat betrekking het op die verskillende lewensterreine. Die stand van ’n planeet weerspieël hiervolgens op watter gebied die planeet werksaam is. Daar is verskeie huisstelsels in gebruik, waarvan dié van Placidus die gewildste is.
Die indeling van die horoskoop in huise het op dieselfde wyse ontstaan as die indeling van die 12 tekens van die diereriem:
So het dus ook 4 kwadrante ontstaan wat eweneens opgedeel word in 3 huise elk, en so het die 12 huise ontstaan.
Die Latynse name van die huise met hul vertaling, verwante sterretekens, asook die betekenisse en tradisionele assosiasies.
Huis | Teken | Latyn | Vertaling | Moderne naam | Interpretasie |
---|---|---|---|---|---|
1ste | Aries | Vita | Lewe | Huis van die Self | Fisieke verskyning, karaktertrekke, eerste indrukke, algemene ingesteldheid teenoor die wêreld, ego. ’n Begin, initiatief. |
2de | Taurus | Lucrum | Weelde | Huis van Waarde | Materiële en niemateriële dinge van waarde, geld, besittings, eiendom, oes, selfwaardering. |
3de | Gemini | Fratres | Broers | Huis van Kommunikasie | Laer opleiding en vroegste omgewing, geestelike vermoëns, broers en susters, die buurt, kort reise en verplasings. |
4de | Cancer | Genitor | Ouer(s) | Huis van Gesin en Familie | Voorouers, erfenis, wortels, die moeder of moederfigure, sorg vir die huishouding, die uiteindelike afloop van sake. |
5de | Leo | Nati | Kinders | Huis van Plesier | Ontspanning, plesierige dinge, spel en dobbel, kinders, liefdesverhoudings, seks, kreatiewe selfuitdrukking. |
6de | Virgo | Valetudo | Gesondheid | Huis van Gesondheid | Roetine, pligte, vaardighede of opleiding, werk, gesondheid en gevoel van welsyn, diensbaarheid aan ander, sorgsaamheid, huisdiere en ander klein diere. |
7de | Libra | Uxor | Eggenote | Huis van Lewensmaats | Hegte, vertroulike verhoudings van alle soorte, huweliks- en sakevennote, ooreenkomste en kontrakte, diplomatieke sake, openlike vyande, die karaktertrekke wat ons soek in lewensmaats. |
8ste | Scorpio | Mors | Dood | Huis van Reïnkarnasie | Siklusse van die dood en wedergeboorte, seksuele verhoudings, diepgevoelde verhoudings van alle soorte, gesamentlike beleggings en finansiering, die okkulte, die psigiese, taboes, selftransformasie. |
9de | Sagittarius | Iter | Reise | Huis van Filosofie | Lang reise na die buiteland, kultuur, godsdiens, wette en etiek, hoër opleiding, kennis, ervaring deur ontwikkeling. |
10de | Capricornus | Regnum | Koninkryk | Huis van Sosiale Status | Ambisies, motiverings, loopbaan, status in die maatskappy, regering, outoriteit, die vader of vaderfiguur, die broodwinner, iemand se openbare verskyning of die indruk wat hy wek. |
11de | Aquarius | Benefacta | Vriendskap | Huis van Vriendskappe | Vriende en kennisse, geesgenote, groepe, klubs en verenigings, voordele en rykdom uit ’n loopbaan, iemand se hope en wense. |
12de | Pisces | Carcer | Gevangenis | Huis van Verlies van die Self | Mistisisme, afgesonderde plekke soos hospitale en gevangenisse, vir jouself verborge dinge wat vir ander wel duidelik is, ontwyking, geheimhouding, terugtrekking, oordenking en selfopoffering, die onbewuste, onbekende vyande. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.