eiland van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
Heraldeiland (Russies: Остров Геральд, Ostrof Gerald) is ’n klein, afgeleë Russiese eiland in die Noordelike Yssee, 70 km oos van Wrangeleiland. Dit het hoë kranse, wat dit taamlik ontoeganklik maak – per skip en per vliegtuig. Die enigste stukkie seekus van waar dit bereik kan word, is sy noordwestelike punt waar die kranse verkrummel het.
Heraldeiland Inheemse naam: Остров Геральд | |
---|---|
’n Kaart van Heraldeiland. | |
Geografie | |
Ligging | Noordelike Yssee Tsjoekotka |
Koördinate | 71°23′N 175°40′W Sien bo |
Oppervlakte | 11,3 km2 |
Administrasie | |
Rusland | |
Die eiland is saam met Wrangeleiland ’n Unesco-wêrelderfenisgebied |
Die eiland is 11,3 km2 groot en die maksimum hoogte bo die seevlak is 364 m. Dit is nie toegeys nie en is onbewoon. Dit is genoem na die opmetingskip HMS Herald, van waar dit in 1849 ontdek is.
Administratief val Heraldeiland in die outonome okroeg Tsjoekotka van die Russiese Federasie. Saam met Wrangeleiland maak dit deel uit van die Wrangeleiland-natuurreservaat, sedert 1976 ’n Russiese nasionale park. Kaap Dmitrijewa op die eiland is die mees oostelike grens van die natuurreservaat.
In 2004 is Herald- en Wrangeleiland asook die omliggende waters verklaar tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.