Hectorspruit is 'n dorpie in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is tussen die dorpe Kaapmuiden en Komatipoort geleë.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Hectorspruit
Thumb
'n Straat in Hectorspruit
Thumb
Hectorspruit
Hectorspruit
 Hectorspruit se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°26′S 31°41′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitNkomazi
Oppervlak
  Totaal10,26 km2 (3,96 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal3 096
  Digtheid302/km2 (780/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense20.8%
  Indiërs/Asiërs0.4%
  Bruin mense0.8%
  Swart mense77.9%
  Ander0.1%
Taal (2011)
  Swazi 55.0%
  Afrikaans 18.6%
  Tsonga 17.0%
  Engels 4.1%
  Ander 5.3%
Poskode (strate)
1330
Skakelkode013
Sluit

Geskiedenis

Die dorp lê op die oewer van die Hectorspruit, 'n sytak van die Krokodilrivier. Die spruit het weer sy naam van die hond van Servaas de Kock gekry. De Kock was die landmeter wat die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn opgemeet het. Die spoorlyn het die dorp in 1891 bereik.

Nadat President Paul Kruger die Zuid-Afrikaansche Republiek verlaat het op 11 September 1900 het die Boere die Tweede Vryheidsoorlog in guerillavorm uit hierdie dorpie voortgesit.

Distrik

Daar word suikerriet, groente en subtropiese vrugte in die distrik verbou.

Sien ook

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.