veesiekte wat hoofsaaklik onder skape, beeste en bokke voorkom From Wikipedia, the free encyclopedia
Hartwater is 'n veesiekte wat hoofsaaklik onder skape, beeste en bokke voorkom, asook sommige wildeherkouers bv. springbokke, en veroorsaak word deur die mikroörganisme Ehrlichia ruminantium. Die siekte kom net in Afrika voor, hoofsaaklik in die oostelike gedeelte van Suid-Afrika vanaf die Limpopo-provinsie, suidwaarts tot by Mosselbaai in die warm en klam laeveld- of bosveldgebiede.
Hartwater | |
---|---|
Ehrlichia ruminantium bakterieë binne die brein van 'n skaap wat van hartwater gevrek het in Afrika. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Filum: | Pseudomonadota |
Klas: | Alphaproteobacteria |
Orde: | Rickettsiales |
Familie: | Ehrlichiaceae |
Genus: | Ehrlichia |
Spesie: | E. ruminantium [1] |
Binomiale naam | |
Ehrlichia ruminantium (Dumler, 2001) | |
Sinonieme | |
|
Die oorsakende organisme word deur die bontbosluis, Amblyomma hebraeum oorgedra. In die natuur word besmetting slegs deur die nimf- en volwasse stadium van die bosluis oorgedra. Die siekte word algemeen gekenmerk deur ‘n hoë koors, senuweesimptome en 'n versameling van vloeistof rondom die hart, in die borsholte, longe en brein. Dit lei meestal tot die dood van die dier.
'n Dosis van tetrasiklien antibiotika word teen die veroorsakende organisme, E. ruminantium, 'n bakterie uit die orde Rickettsiales, gebruik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.