Hartswater
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hartswater is 'n dorp geleë tussen Jan Kempdorp en Taung, in die Vaalharts-besproeiingskema van die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die townships Bonita Park en Pampierstad is naby die dorp. Die bevolking was 10 465 inwoners in 2011,[1] vergeleke met 2 458 in 1979, waarvan 1 300 wit was.[2]
- Nota: Hierdie artikel handel oor die nedersetting in die Noord-Kaap. Vir die veesiekte, sien hartwater.
Kitsfeite Hartswater Phokwane, Land ...
Hartswater Phokwane | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 27°46′0″S 24°49′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Phokwane |
Stigting | 1934 |
Oppervlak | |
• Totaal | 10,77 km2 (4,16 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 10 465 |
• Digtheid | 972/km2 (2 520/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 12.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 30.2% |
• Swart mense | 56.3% |
• Ander | 1.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 47.8% |
• Tswana | 37.9% |
• Engels | 7.8% |
• Xhosa | 1.8% |
• Ander | 4.7% |
Poskode (strate) | 8570 |
Poskode (posbusse) | 8570 |
Skakelkode | 053 |
Webwerf |
Sluit
Die Kalahari-agtige omgewing in en om die dorp is in 'n lusoord omskep, danksy die water van die Vaalrivier wat in reuse betonkanale sowat 50 km ver hierheen herlei word. Deur die ywer van die eerste nedersetters is die sanderige, beboste bodem in 'n kort tydperk ná die dorp aangelê is, in ryk, vrugbare aarde omskep.