From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hartmannse bergkwagga (Equus zebra hartmannae) is lid van die perdagtige diere en kom hoofsaaklik in Namibië voor. Die dier staan ook bekend as die Hartmannse bergsebra. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Hartmannse bergkwagga | |
---|---|
'n Hartmannse bergkwagga in die Louisville-dieretuin. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | |
Spesie: | |
Subspesie: | E. z. hartmannae |
Trinomiale naam | |
Equus zebra hartmannae (Matschie, 1898) | |
Verspreiding van die Hartmannse bergkwagga |
Die dier het 'n tipiese sebravoorkoms, naamlik swart strepe met 'n geelwit agtergrond. Die strepe loop duidelik af by die bene tot by die hoewe, terwyl die strepe op die lyf by die pens ophou. Die pens is wit. Kenmerke van die dier is die keelvel en die oranje snoet. Die spesie het nie skadustrepe soos die vlaktekwagga nie. Hulle is groter as die Kaapse bergkwagga. Die hingste is effens swaarder as die merries – hingste weeg tot 330 kg, terwyl die merrie tot 300 kg kan weeg.
Die Hartmannse bergkwagga verkies klipperige berghange met genoeg weiding en drinkwater. Die diere vorm groepe; 'n tipiese trop bestaan uit 'n dominante hings en sy familie. Die diere wei in die koeler tye van die dag en rus in skaduwees as dit warm is en hou ook van 'n stofbad. Een vul word enige tyd van die jaar gebore na 'n dratyd van 12 maande.
Die dier se natuurlike vyande is die gevlekte hiëna, leeu en jagluiperd.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.