From Wikipedia, the free encyclopedia
Die gevlekte hiëna (Crocuta crocuta), ook bekend as die laggende hiëna,[1] is 'n soogdierspesie van 'n hiëna uit die orde Carnivora. Hulle is mediumgrootte karnivore wat inheems is aan Sub-Sahara-Afrika. Gevlekte hiënas is die enigste oorlewende spesie in die genus Crocuta. Hulle lyk op hondagtige diere (bv. wolwe, honde, ens.), maar dié diere behoort tot 'n heel ander familie.
Gevlekte hiëna | |
---|---|
Roep opgeneem in die Hluhluwe-iMfolozipark van KwaZulu-Natal | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Orde: | Carnivora |
Suborde: | Feliformia |
Familie: | Hyaenidae |
Genus: | Crocuta |
Spesie: | C. crocuta |
Binomiale naam | |
Crocuta crocuta (Erxleben, 1777) | |
verspreiding |
Die gevlekte hiëna is gelys as van die minste kommer deur die IUBN weens sy wye verspreiding en groot getalle, beraam op tussen 27 000 en 47 000 individue.[2] Die spesie ervaar egter 'n daling in getalle buite beskermde gebiede, as gevolg van habitatverlies en stropery. Die spesie het waarskynlik ontstaan in Asië,[3] en was teenwoordig oor die hele Europa vir ten minste een miljoen jaar tot die einde van die Laat Pleistoseen.
Die gevlekte hiëna is die grootste bekende lid van die Hyaenidae, en is verder fisies onderskeibaar van ander spesies deur sy vaagweg beeragtige bou,[4] sy ronde ore,[5] minder prominente maanhare, gevlekte pels,[5] sy dubbeldoel tandgebit,[6] minder tepels[7] en die teenwoordigheid van 'n pseudo-penis by die vroulike lede. Dit is die enigste soogdierspesie met 'n gebrek aan 'n eksterne vaginale opening.[8]
Gevlekte hiënas is bekend vir hulle krysende geblawwery, wat soms met die histeriese lag van 'n mens vergelyk word. Hulle word dikwels foutiewelik as aasdiere beskryf, maar is egter kragtige jagters en die oorgrote meerderheid van hul dieet bestaan uit prooi wat hulle self vang. Gevlekte hiënas word as die mees effektiewe aasdiere beskou. Hulle is die enigste diere met 'n spysverteringstelsel wat bene, hoewe, horings en vel kan verteer.[9]
'n Gemiddelde volwasse hiëna weeg ongeveer 60 kg en bereik 'n hoogte van ± 75 cm; dit is ook die grootste van al die hiënasoorte. Alhoewel dit 'n nagdier is, word dit dikwels gedurende die dag waargeneem. Die gevlekte hiëna het 'n loopsnelheid van 15 km/h, maar kan versnel tot 50 km/h wanneer hy hardloop.
'n Wyfie is vir drie maande dragtig en kan telkens geboorte skenk aan twee tot drie kleintjies. Gevlekte hiënas het 'n moontlike lewensduur van 25 jaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.