Haïti
From Wikipedia, the free encyclopedia
Haïti (Frans: Haïti, [a.iti]; Haïtiaanse Kreools: Ayiti, [ajiti]), amptelik die Republiek Haïti (Frans: République d'Haïti; Haïtiaanse Kreools: Repiblik Ayiti),[8] is 'n eilandnasie met 'n oppervlakte van 27 750 vierkante kilometer en 'n bevolking van 11 123 178 (2018) wat die westelike gedeelte van Hispaniola, een van die eilande van die Groot Antille in die Karibiese See, beslaan. Dit grens in die ooste aan die Dominikaanse Republiek.[9]
| |||||
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité[1] (fr) Libète, Egalite, Fratènite (Haïtiaanse Kreools) (Afrikaans: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap") Tradisionele leuse op die wapen: L'union fait la force (fr) Inite se fòs[2] (Haïtiaanse Kreools) (Afrikaans: "Eenheid is krag") | |||||
Volkslied: La Dessalinienne (fr) Desalinyèn (Haïtiaanse Kreools) (Afrikaans: "Die Dessalinienne-lied") | |||||
Hoofstad | Port-au-Prince | ||||
Grootste stad | Port-au-Prince | ||||
Amptelike tale | Frans en Haïtiaanse Kreools | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Edgard Leblanc Fils (waarnemend) Fritz Belizaire (waarnemend) | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar • Erken • Eerste Keiserryk • Suidelike Republiek • Noordelike Staat • Koninkryk • Unifikasie van Hispaniola • Tweede Keiserryk • Republiek • Huidige grondwet |
van Frankryk 1 Januarie 1804 17 April 1825 22 September 1804 9 Maart 1806 17 Oktober 1806 28 Maart 1811 1822–1844 26 Augustus 1849 15 Januarie 1859 29 Maart 1987 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
27 750 km2 (143ste) 10 710 myl2 0,7 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - Digtheid |
11 123 178[3][4] (85ste) 382 / km2 (32ste) 989,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,503[6] (169ste) – laag | ||||
Gini (2012) | 41,1[7] – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Gourde (HTG ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
OTS (UTC-5) ODT (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .ht | ||||
Skakelkode | +509 |
Die landsnaam het sy oorsprong in die taal van die Taíno, die indigene bevolking van Hispaniola, en beteken "bergagtige land". Die huidige bevolking is merendeels nakomelinge van swart Afrikane. Die hoofstad en grootste stad is Port-au-Prince. Haïti is die tweede mees bevolkte land van die Karibiese gebied, net ná Kuba en nog voor die buurland Dominikaanse Republiek.
Haïti is die enigste staat in Noord- en Suid-Amerika wat by die minste ontwikkelde lande (LDC) gereken word. Naas sy onderontwikkelde ekonomie word Haïti se onstabiele politieke klimaat en veiligheidssituasie as sorgwekkend beskou. Daar het onder meer voorvalle van onluste oor hoë voedselpryse voorgekom – die plaaslike landbousektor kan nie in die land se basiese voedselbehoeftes voorsien nie sodat groot bedrae aan buitelandse valuta aan agrariese invoere bestee moet word (waaronder jaarliks sowat 800 miljoen VSA-$ vir rys).[10] Sowat drie miljoen Haïtiane was reeds genoodsaak om 'n heenkome in die buiteland te vind.
Op 12 Januarie 2010 om 4:53 nm plaaslike tyd het 'n sterk aardbewing Haïti getref en die land se infrastruktuur grotendeels vernietig. Die episentrum was naby Port-au-Prince.