HR 8799
From Wikipedia, the free encyclopedia
HR 8799 is ’n hoofreeksster van rofweg 30 miljoen jaar oud sowat 129 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Vlieënde Perd. Sy massa is rofweg 1,5 keer dié van die Son en sy ligsterkte 4,9 keer die Son s'n. Dit is deel van ’n stelsel wat ook ’n rommelskyf en minstens vier gasreuse bevat.[4] Hierdie planete en Fomalhaut b is die eerste eksoplanete waarvan die wentelbane met regstreekse beeldvorming bevestig is.
Kitsfeite
HR 8799 | ||||
HR 8799 (middel) met HR 8799e (regs), HR 8799d (regs onder), HR 8799c (regs bo) en HR 8799b (links bo), van die W.M. Keck-sterrewag. | ||||
Sterrebeeld | Vlieënde Perd | |||
Spektraaltipe | kA5 hF0 mA5 V; λ Boo[1][2] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 23h 07m 28.7150s | |||
Deklinasie | +21° 08′ 03.302″ | |||
Skynmagnitude (m) | 5,964 | |||
Absolute magnitude (M) | 2,98±0,08[1] | |||
B-V-kleurindeks | 0,234 | |||
U-B-kleurindeks | −0,04[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,47±0,30[1] | |||
Radius (R☉) | 1,34±0,05[1] | |||
Ouderdom (jaar) | 30+20−10 miljoen[4] | |||
Temperatuur (K) | 7 430±75[1] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Gamma Doradus-veranderlike | |||
Ander name | ||||
V342 Pegasi, BD+20 5278, FK5 3850, GC 32209, HD 218396, HIP 114189, PPM 115157, SAO 91022, TYC 1718-2350-1. | ||||
|
Sluit
Dit is die enigste bekende ster wat tegelykertyd ’n Gamma Doradus-veranderlike, ’n Lambda Boötis-ster (met ’n oppervlak wat arm is aan metale)[1]en ’n Vega-tipe ster (met uitermate infrarooi uitstralings vanweë ’n sirkumstellêre skyf) is.[5]