Grumman A-6 Intruder
Amerikaanse aanvalsvliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Grumman A-6 Intruder is 'n Amerikaanse aanvalsvliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot en Amerikaanse Marinierskorps gebruik was. Die Intruder is 'n tweesitplek, alleweertoestand subsoniese aanvalsvliegtuig wat op vliegdekskepe gebaseer is. Die ontwerp was gedoen na aanleiding van 'n 1957 kompetisie van die Amerikaanse Vloot wat 'n taktiese aanvalsvliegtug wat op lae hoogtes kan werk met 'n lang strekafstand versoek het. Die eindresultaat was 'n vliegtuig wat nie oor die beste vlieg vermoëns beskik het nie, maar was uitstekend in die aanvalsrol. Die A-6 prototipe het sy nooiensvlug op 19 April 1960 voltooi en daarna was 482 produksie eenhede afgelewer aan die Vloot vanaf vroeg 1963.
Grumman A-6 Intruder | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Grumman |
Nooiensvlug | 19 April 1960 |
Bekendstelling | 1963 |
Onttrek | 1993 (Mariene Korps), 1997 (Vloot) |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Vloot Amerikaanse Marinierskorps |
Aantal gebou | 693 |
So begin 'n loopbaan van 34 jaar vir die vliegtuig; nagvlugte oor die oerwoude van Viëtnam tot missies tydens Operasie Desert Storm tydens die Golfoorlog oor goed bewapende vyandelike vestings oor Iran waartydens die Intruder 'n goeie reputasie opgebou het. Sy vermoë om in alle weertoestande, dag of nag sendings uit te voer, vermoë om laag te vlieg, groot togafstand, groot bomvrag en betroubaarheid het van die vliegtuig 'n staatmaker gemaak. Dit het deelgeneem aan elke konflik waarin die Verenigde State betrokke was sedert die Viëtnamoorlog tot in die laat 1990's.
Die Intruder is nie toegerus met enige masjiengewere nie en beskik nie oor 'n interne bomrak nie. Maar dit kon konvensionele of kernkrag bomme, brandstof tenks of vuurpyle en missiele onder die vlerke dra.