![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3e/Rider-Waite_Major_Arcana_full.png/640px-Rider-Waite_Major_Arcana_full.png&w=640&q=50)
Groot Arcana
22 troefkaarte in waarsêende tarotdekke / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot Arcana is die tarotkaarte met name of nommers wat vir waarsêery gebruik word. Die name is deur okkultiste gegee aan tarotkaarte wat oorspronklik vir kaartspeletjies gebruik is.[1] Daar is gewoonlik 22 sulke kaarte in 'n standaardpak van 78 tarotkaarte, wat gewoonlik van 0 tot 21 gemerk is. (In pakke kaarte vir speletjies is daar nie 'n 0 nie; die ongenommerde kaart is die Dwaas. Dié naam word nie in speletjies gebruik nie.)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3e/Rider-Waite_Major_Arcana_full.png/640px-Rider-Waite_Major_Arcana_full.png)
Voor die 17de eeu is tarotkaarte uitsluitlik vir kaartspeletjies en dobbel gebruik. Die Dwaas en 21 ander troefkaarte was bloot deel van 'n standaardpak.[2] Dié kaarte was permanente troefkaarte en word deur okkultiste van die ander kaarte, die sogenaamde Klein Arcana, onderskei.[3]
Die terme "Groot Arcana" en "Klein Arcana" word in okkultisme gebruik, en die waarsêery-elemente se oorsprong is Jean-Baptiste Pitois (1811-'77), wat onder die naam Paul Christian geskryf het.[4]