Goodwood
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Goodwood is 'n voorstad noord van Kaapstad. Die woord "Goodwood" beteken "plek van vriend van God".
Goodwood | |
---|---|
Voorstad | |
Koördinate: 33°54′40″S 18°33′02″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,94 km2 (6,93 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 50 285[1] |
• Digtheid | 2 800/km2 (7 300/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 7460 |
Skakelkodes | 021 |
Die eerste huise in Goodwood is ongeveer in 1900 tot 1905 opgerig en amptelik bestaan Goodwood sedert 1905, toe besluit is om 'n Kaapse woonbuurt te stig rondom 'n perderenbaan. Dié L-vormige baan het van die noordekant van die Hoërskool J.G. Meiring af tot verby die Laerskool Goodwoodpark gestrek, maar slegs een byeenkoms is ooit daarop gehou. Die woonbuurt is genoem na die beroemde renbaan in Sussex in Suidoos-Engeland wat deur 'n kleinseun van Karel II aangelê is. Dit is ook die gebied waar Goodwood House geleë is.
Goodwood het vinnig gegroei en het in 1938 munisipale status gekry. Tussen 1944 en 1946 is die dorpsgebiede Elsiesrivier en Monte Vista by Goodwood ingesluit. Edgemead het gevolg in 1969. Die eerste spoorweg stasie is gebou in 1905; vandag het Goodwood drie stasies: Goodwood, Vasco en Elsiesrivier, almal op die Kaapstad-Johannesburg hooflyn.
Munisipaliteit (1) — Die munisipale raad het in 1939 'n skynheraldiese "wapen" in gebruik geneem, wat 'n vliegtuig, 'n ossewa, 'n perd wat oor 'n hekkie spring, en 'n ketting uitbeeld.[2]
Munisipaliteit (2) — 'n Behoorlike wapen is in 1959 ontwerp en by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer.[3] Dit is in 1993 by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In silwer, 'n rooi faas belaai met 'n gaande luiperd van silwer en swart, in die skildhoof vergesel van vier bome, elk met ses blare, en in die skildvoet van drie stake, alles swart, oor die middelste staak heen 'n tandrat van die een in die ander. Die helmteken was 'n palomino eenhoring met 'n rooi skyf tussen sy voorbene wat uit 'n goue muurkroon uitkom, en die wapenspreuk was "Procedo".[4] Ivan Mitford-Barberton het die wapen ontwerp.
Die Grandwest Kasino is in Goodwood gevestig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.