From Wikipedia, the free encyclopedia
Ivan Mitford-Barberton (1896 – 1976) was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer. Hy is in 1896 op Somerset-Wes as seun van Mary Layard Bowker en Henry Barber gebore. Sy grootouers was Mary Elizabeth en Frederick William Barber. Hy ontvang opleiding aan St. Andrew-kollege, Grahamstad. Hy veg in altwee wêreldoorloë en plant 15 jaar lank koffie in Kenia. Nadat hy in Engeland, Frankryk en Italië in die kuns gestudeer het, sluit hy aan by die Michaelis-kunsskool aan die Universiteit van Kaapstad.
Ivan Mitford-Barberton | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 9 Junie 1976 (op 80) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Beeldhouer en skrywer |
Bekend vir | die Mutual-gebou, Red Cross War Memorial Children's Hospital |
Ouer(s) | Mary Layard Bowker en Henry Mitford Barber |
Hy het die standbeeld van Jock of the Bushveld in Barberton ontwerp.[2] Die bronsbeeld van 'n luiperd in Houtbaai, [3] waar hy gebly het, is sy werk. Die beeldhouwerk van Peter Pan by die Rooi Kruis se Kinderhospitaal in Kaapstad is deur Mitford-Barberton gedoen.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.