From Wikipedia, the free encyclopedia
Godwin se wet ("Godwin's law" in die oorspronklike Engels, of Godwin se reël van Hitler analogieë)[1][2] is 'n Internet gesegde wat beweer dat, soos 'n aanlyn bespreking langer word, die waarskynlikheid van 'n vergelyking met Hitler na 1 neig.[3] Met ander woorde, as 'n aanlyn-bespreking (ongeag die onderwerp of omvang) lank genoeg aangaan, sal iemand vroeër of later iemand of iets met Hitler of sy dade vergelyk.
Die stelling is oorspronklik deur die Amerikaanse prokureur en skrywer Mike Godwin in 1990 gemaak. Godwin se wet het oorspronklik spesifiek na Usenet nuusgroep besprekings verwys.[4] Dit word egter deesdae op alle gestruktureerde aanlyn besprekings toegepas, soos byvoorbeeld Internet forums en geselskamers, sowel as toesprake, artikels, en ander retoriek[5][6] waar sogenaamde reductio ad Hitlerum (reduksie tot Hitler, 'n sinspeling op reductio ad absurdum) kan plaasvind.
In 2012 is "Godwin's law" opgeneem in die derde uitgawe van die Oxford English Dictionary.[7]
Met betrekking tot die waarskynlikheidsleer, kan Godwin se wet gesien word 'n spesiale geval van 'n Bernoulli proses.
Daar is 'n verskeidenheid uitvloeisels van Godwin se wet, waarvan sommige as minder[1] en sommige meer kanoniek beskou word (deurdat hulle deur Godwin self opgeneem is).[3] Daar is byvoorbeeld 'n tradisie in nuusgroepe en ander Internet-gespreksforums dat sodra so 'n vergelyking gemaak word, die bespreking klaar is, en dat wie ookal Hitler genoem het, outomaties die debat verloor het.[8] Hierdie beginsel self word dikwels Godwin se wet genoem.
Godwin se wet kan ook as 'n afleidingstaktiek gebruik word, of selfs as 'n vorm van sensuur, deur 'n teenstander se argument verkeerdelik as oordrywing te skilder alhoewel die vergelykings eintlik gepas is.[9][10] Soortgelyke kritiek van die "wet" (of "ten minste die verwronge weergawe wat voorgee om alle vergelykings met Duitse misdade te verbied") is deur die Amerikaanse prokureur, joernalis en skrywer Glenn Greenwald gemaak.[11]
Godwin het gesê dat hy die wet in 1990 as 'n eksperiment in memetiek voorgestel het.
Godwin se wet gee nie voor om 'n logiese fout te verwoord nie; dit is eerder as 'n memetiese werktuig voorgestel om die voorkoms van onvanpaste hiperboliese vergelykings te verminder. Godwin beweer dat hy dit doelbewus opgestel het asof dit 'n wet van die natuur of die wiskunde sou wees, maar dat sy doel retories en pedagogies van aard was, naamlik om mense wat ondenkende vergelykings met Hitler maak, 'n bietjie harder oor die Holocaust te laat dink.[12] In Desember 2015, het Godwin kommentaar gelewer oor vergelykings wat in verskeie artikels gemaak is tussen Nazis en fasciste eendersyds, en die Republikeinse presidensiële kandidaat Donald Trump andersyds: "As jy nadenkend is en 'n werklike bewustheid van die geskiedenis toon, gaan voort en verwys na Hitler toe jy praat oor Trump. Of enige ander politikus."[13] Op 13 Augustus 2017, het Godwin soortgelyke opmerkings op sosiale netwerke Facebook en Twitter gemaak met betrekking tot die vorige twee dae se Unite the Right betogings in Charlottesville, Virginia, en pogings ondersteun om die organiseerders met Nazi's te vergelyk.[14][15][16][17]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.