From Wikipedia, the free encyclopedia
Opvoedkunde of pedagogiek is die studie van hoe volwassenes (onderwysers, ouers) jongmense grootmaak vir 'n bepaalde doel. Die studie van onderwys word onderwyskunde genoem. Die studie van lesgee self, word didaktiek genoem.
Opvoedkunde is die wetenskap van die ontwikkeling van 'n kind tot by volwassenheid. Dit bestudeer die opvoeding, die ontwikkelingsfases, asook die verhouding tussen die kind en sy omgewing: familielede, skool, vriende, die geboue in sy omgewing, media ens. Dit lê veral klem op die handelinge. Opvoeding is dus die toepassing van opvoedkunde in die praktyk.
Dit is opmerklik dat die opvoedkunde (pedagogiek) vir 'n lang tyd nie in alle lande as selfstandige wetenskap bestaan het nie maar dat dit in Nederland en Vlaandere wel so was. Gespesialiseerde studierigtings in pedagogiek sluit in:
Sommiges huldig die mening dat daar teorieë behoort te bestaan wat altyd en oorhoofs behoort te geld oor die (Beïnvloeding van) menslike gedrag. Ander meen egter dat menslike gedrag onvoorspelbaar is en kan slegs met nabetragting evalueer word. Soms word pedagogiek gesien as 'n vorm van toegepaste sielkunde.
Algemene vakgebiede van die pedagogiek is:
Internasionaal bekende opvoedkundiges
Suid-Afrikaanse opvoedkundiges
Wikimedia Commons bevat media in verband met Pedagogy. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.