![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/Glynnis_Breytenbach.png/640px-Glynnis_Breytenbach.png&w=640&q=50)
Glynnis Breytenbach
From Wikipedia, the free encyclopedia
Glynnis Breytenbach (gebore 9 Augustus 1960) is 'n voormalige aanklaer vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en 'n Parlementslid vir die Demokratiese Alliansie (DA).[1] Sy is ook die huidige Skaduminister van justisie en korrektiewe dienste asook 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie.[2] In hierdie hoedanigheid het sy 'n beroep gedoen op 'n einde aan voortdurende politieke inmenging wat die integriteit van die NVG in die gedrang gebring het.[3][4][5][6] Haar uitgerekte dispuut met die NVG oor haar skorsing in 2012 uit sy Gespesialiseerde Handelsmisdaadeenheid is breedvoerig in die media gedek. In 2017 het sy 'n memoire, Rule of Law,[7] gepubliseer en in 2018 was sy op die kortlys vir die pos as nasionale direkteur van openbare vervolging by die NVG, maar het later haar kandidatuur teruggetrek.[8]
Glynnis Breytenbach | |
![]() Breytenbach in 2019 | |
Skaduminister van justisie en korrektiewe dienste | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Junie 2014 | |
Voorafgegaan deur | Dene Smuts |
---|---|
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 21 Mei 2014 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 9 Augustus 1960 (1960-08-09) (63 jaar oud) |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |