Gliese 676
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gliese 676 is ’n dubbelster met ’n skynbare magnitude van 9,59 sowat 54 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Altaar. Dit bestaan uit twee rooidwerge wat sowat 800 AE van mekaar af is en ’n wentelperiode van meer as 20 000 jaar het.[4] ’n Gasreus is in 2009 in ’n wentelbaan om die primêre ster ontdek en is in 2011 aangekondig. Daar was ook ’n sterk aanduiding van ’n metgesel; die tweede ster is in 2012 ontdek saam met twee veel kleiner planete.
Kitsfeite
Gliese 676 A/B | ||||
Sterrebeeld | Altaar | |||
Spektraaltipe | M0V[1]/M3V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 30m 11.20s[2] | |||
Deklinasie | –51° 38′ 13.1″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 9,59 | |||
Absolute magnitude (M) | 8,55 | |||
B-V-kleurindeks | 1,46 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,71±0,04[3][4]/0,29[3] | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,082[3] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,23±0,10[3] | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | Dubbelster | |||
Ander name | ||||
CD–51°10924, HIP 85647, LTT 6947/6948, NLTT 44859, NSV 8846 | ||||
|
Sluit