George Herbert Walker Bush (12 Junie 1924 – 30 November 2018) was 'n Amerikaanse politikus van die Republikeinse Party. Hy het van 1989 tot 1993 as die 41ste president van die Verenigde State van Amerika gedien.
George Herbert Walker Bush | |
---|---|
41ste President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 20 Januarie 1989 – 20 Januarie 1993 |
Voorganger | Ronald Reagan |
Opvolger | Bill Clinton |
Geboortedatum | 12 Junie 1924 |
Geboorteplek | Milton, Massachusetts |
Sterftedatum | 30 November 2018 (op 94) |
Sterfteplek | Houston, Texas |
Eerste Dame | Barbara Bush (1945–2018; haar dood) |
Politieke party | Republikein |
Visepresident | Dan Quayle |
Handtekening |
In die Tweede Wêreldoorlog was hy 'n vlieënier. Sy Avenger-torpedobomwerper is oor die Stille Oseaan afgeskiet, maar hy is deur 'n Amerikaanse boot opgepik.
Hy word veral onthou vir sy belofte voor die presidentsverkiesing dat hy nie belasting sou verhoog nie. Sy woorde was: "Read my lips — no new taxes". Nadat hy president geword het, het hy wel sommige belastings verhoog.[1] Sy presidentskap word ook onthou vir die Golfoorlog teen Irak in 1990–1991.
Ná sy presidentskap het hy homself grotendeels van die openbare lewe onttrek. Hy is die vader van die 43ste Amerikaanse president, George W. Bush. George H.W. Bush is net enkele maande na sy vrou, Barbara Bush, op 30 November 2018 oorlede.[2]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.