Geminides
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Geminides is ’n meteoorreën wat deur die voorwerp 3200 Phaethon veroorsaak word;[4] dit is vermoedelik ’n Pallas-asteroïde[5] met ’n rotskomeetwentelbaan.[6] Die Geminides en Quadrantides is die enigste meteoorreëns wat nie deur ’n komeet veroorsaak word nie. Die meteore van dié reën beweeg stadig en kan in Desember gesien word – die hoogtepunt is die oggend van 14 Desember. Die reën word blykbaar elke jaar intenser en tydens onlangse voorvalle is 120 tot 160 meteore per uur waargeneem onder die beste sigtoestande, gewoonlik omstreeks 02:00 tot 03:00. Die Geminides is in 1862[1] die eerste keer waargeneem – baie meer onlangs as ander meteoorreëns soos die Perseïdes (36 n.C.) en Leonides (902 n.C.).
Kitsfeite
Geminides | ||
Die Geminides soos gesien in die Noordelike Halfrond. | ||
Ontdekking | 1862[1] | |
Moederliggaam | 3200 Phaethon[2] | |
Uitstralingspunt | ||
Sterrebeeld | Tweeling (naby die ster Castor) | |
Regte klimming | 07h 28m[2] | |
Deklinasie | +32°[2] | |
Eienskappe | ||
Voorkoms | 7–17 Desember[2] | |
Hoogtepunt | 14 Desember | |
Spoed | 35 km/s[3] | |
Sterre per uur | 75+[2] |
Sluit