Gemeente
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Gemeente is in Protestantse tradisie 'n plaaslike geloofsgemeenskap. Die nasionale kerkverband word meestal met die term kerk aangedui, byvoorbeeld Nederduitse Gereformeerde Kerk. In die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika word egter gewoonlik na elke plaaslike groepering as 'n kerk verwys omdat, volgens dié kerkverband, "elke plaaslike kerk (gemeente) 'n komplete openbaring van die liggaam van Christus is".[1] Vandaar die meervoudsvorm "Kerke" in die genootskap se naam.