Geen-fieterjasiesakemodelle
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Fieterjasievrye sakemodel is 'n ekonomiese begrip wat aandui dat nie-noodsaaklike items/opsies van 'n produk of diens gestroop is. Die verwydering van nie-essensiële items het gewoonlik goedkoper pryse tot gevolg, maar gerief word meestal ingeboet. Dit vergestalt in verskeie sektore, onder ander in die lugvaart, supermarkte, ens.
'n Laekosteredery, ook bekend as 'n "Geen fieterjasies" ("no-frills"), afslag- of begrotingslugredery, of LCC ("Low-cost carrier") is 'n lugredery wat oor die algemeen laer tariewe aanbied maar met minder geriewe. Om te vergoed vir verlore inkomste uit afgemerkte kaartjiepryse, kan die lugredery fooie hef vir ekstras soos kos, prioriteits-instap, sitplektoekenning, bagasie, ens.
By laekosterederye word die pryse laag gehou deur koste te bespaar, onder andere deur:
Geen-fieterjasie-supermarkte is herkenbaar aan hul winkelontwerp en besigheidsmodel.
word vervolg...
'n Geen-fieterjasiemotor verwys gewoonlik na 'n motormodel met 'n minimum van geriefstoerusting, 'n minder kragtige enjin en slegs basiese, eenvoudige afwerking.
Dikwels verteenwoordig hierdie modelle die laagste-prysweergawe van 'n groter keuse rykliktoegeruste modelle van dieselfde motor. Dikwels word die goedkoper modelle slegs met 'n handrat asook 'n korter opsielys verkoop. Amerikaanse voorbeelde van die vroeë 1950's is die Chevrolet 150 en Kaiser-Frazer Henry J.
Een van die meer bekende geen-fieterjasiemotors was die Studebaker Scotsman, wat verkoop is in 1957-1958. Hierdie motors het 'n laegraadse doekafgewerkte voorsitplek gehad en slegs 'n sonskerm aan die bestuurder se kant, geen armleunings aan die deure en geverfde afwerking (in plaas van chroom-afwerking). Selfs roetine geriefsitems, soos 'n sigaretaansteker en daklig is geskrap. Kopers is toegelaat om slegs 'n lae-koste verwarmer en 'n paar ander afwerking- en geriefsitems op 'n kort opsielys by te voeg; 'n radio was geensins as 'n opsie beskikbaar op hierdie model nie.
Weens die oliekrisis van die 1970's, het baie Amerikaanse motorvervaardigers begin om geen-fieterjasiemodelle van hul kompakte motors (soos die Ford Pinto MPG, en Plymouth Duster) aan te bied. Soos voorheen, het hierdie modelle slegs basiese, goedkoop afwerking gehad (vinielsitplekke met rubber vloerbedekking); minder geriefsitems as die duurder modelle; ligter-gewig komponente (soos aluminium aan verskeie enjin-, bakwerk- en suspensiekomponente); en 'n handratkas.
Die meeste geen-fieterjasiemotors word aan vlootkopers verkoop, soos die taxi-maatskappye of die polisiedepartemente. Hierdie modelle is egter ook beskikbaar aan die koste-bewuste privaatkliënte wie se primêre kommer prys, brandstofekonomie en basiese lae-koste vervoer blyk te wees.
Die konsep van 'n geen-fieterjasiemotor in die Europese mark was algemeen in die 1950's met motors soos die Ford Abeille of die Citroën ID Normale. Die Dacia Logan en die Fiat Albea is voorbeelde van onlangse geen-fieterjasiemotors in Europa. In Argentinië en Brasilië beslaan die geen-fieterjasies kategorie 'n aansienlike deel van die nuwemotormark.
Voorbeelde van kostesny in die basisweergawes sluit in:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.