Die Volkswagen Mikrobus (Tipe 2 (T3) oorsee) was die derde geslag van die Volkswagen Transporter, primêr in Duitsland vervaardig vanaf 1979 tot 1990. Dit is wêreldwyd bemark onder verskillende name - insluitend die Transporter of Caravelle in Europa, Kombi, Mikrobus en Caravelle in Suid-Afrika, en Vanagon in Noord- en Suid-Amerika.

Kitsfeite Oorsig, Vervaardiger ...
Volkswagen Mikrobus
Thumb
Oorsig
Vervaardiger Vlag van Duitsland Volkswagen
Ook genoem Volkswagen Transporter (Eur)
Volkswagen Caravelle (Eur, Aus, S-Afr) [1]
Volkswagen T25 (VK)
Volkswagen Vanagon (N-Amer)
Volkswagen Mikrobus (S-Afr)
Volkswagen Kombi (Aus, S-Afr) [1]
Produksie Mei 1979–Junie 2002[2]
Montering Hannover, Duitsland
Graz, Oostenryk
Uitenhage, Suid-Afrika
Bakwerk en onderstel
Klas Wa
Bakstyl 3-deur wa
3-deur bakkie
Uitleg Agterenjin, agterwielaangedrewe
Platform Volkswagengroep T3 platform
Spesifikasies
Enjin(s) 1.6 L H4 (petrol, lugverkoel)
1.9 L H4 (petrol, waterverkoel)
2.0 L H4 (petrol, lugverkoel)
2.1 L H4 (petrol, waterverkoel)
2.3 L I5 (petrol, waterverkoel)
2.5 L I5 (petrol, waterverkoel)
2.6 L I5 (petrol, waterverkoel)
1.6 L I4 (diesel)
1.7 L I4 (diesel)
Ratkas 4- of 5-gang handrat
3-gang outomaties
Lengte 4569 mm
Breedte 1844 mm
Hoogte 1928 mm
2055 mm (Camper)
2085 mm (GL syncro)
Asafstand 2461 mm
Plek in geskiedenis
Voorganger Volkswagen Tipe 2 (T2)
Opvolger Volkswagen Transporter (T4)
Sluit
Thumb
'n Vanagon in die VSA. Die Caravelle in Suid-Afrika was identies hieraan
Thumb
'n Mikrobus se stuurkajuit in 1989

Hy was groter en swaarder as sy voorganger, die T2, en het 'n meer hoekige en minder geronde stilering gehad.

Suid-Afrikaanse produksie van die T3 het voortgeduur tot in 2002, toe die reeks gestaak is weens 'n tekort aan noodsaaklike onderdele. Die T3 was die laaste geslag agterenjin-Volkswagen.

Wasserbokserenjins is vervang met vyfsilinder Audi-enjins in die "Mikrobus" en "Caravelle", terwyl 'n VW 1.8 L inlynviersilinder in die "Kombi" en "Paneelwa" modelle gebruik is. Die 5-silinder T3 het aanvanklik uitgekom met 'n 2.5 L brandstofinspuitingenjin in 1991, maar dit is vervang in 1995 met 'n 2.6 L met 'n verbeterde brandstofinspuitingstelsel, 5-spoed ratkas en twee style van 15 duim allooiwiele as standaard (Rhein of Burst) saam met groter geventileerde voorste skyfremme.

'n Effens laer spesifikasie 2.3 L vyfsilinder-brandstofinspuiting model is bekendgestel saam met die 2.6, maar was toegerus met 'n 4-spoed ratkas en veranderde omkrulstaalbuffers. Naby die einde van sy produksie is 'n top-van-die-reeks Caravelle 2.6i as die "Exclusiv" bekendgestel. Dit het (agter) twee rye vliegtuigtipe sitplekke wat na mekaar gedraai was in plek van die middelste bank gehad, 'n yskas en 'n oopklaptafel aan die agterkant van die voertuig en Carat 2 allooiwiele. 'n Mikrobus 2,6i met soortgelyke eienskappe, maar met Rhein allooiwiele was bekend as die "Activ".

Die laaste T3 uit die produksielyn in Uitenhage op Vrydag 16 Junie 2002 was 'n goudkleurige Mikrobus 2.6i wat Volkswagen SA behou het vir uitstalling in hul AutoPavilion.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.