Gary Kirsten
Suid-Afrikaanse krieketspeler / From Wikipedia, the free encyclopedia
Gary Kirsten (gebore 23 November 1967 in Kaapstad) is 'n uitgetrede Suid-Afrikaanse krieketspeler en voormalige lid van Suid-Afrika se nasionale krieketspan. Hy het tussen 1993 en 2004 in 101 toetswedstryde en 185 EDI vir Suid-Afrika gespeel, meestel as 'n aanvangskolwer. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 1998 en 2000 vir Suid-Afrika gespeel. Later het hy Suid-Afrika tydens die T20I-wêreldbeker 2012 en die Kampioenetrofee 2013 afgerig.
Gary Kirsten | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Gary Kirsten in 2010 | ||||||
Volle naam | Gary Kirsten | |||||
Gebore | 23 November 1967 (1967-11-23) (56 jaar oud) Kaapstad, Suid-Afrika, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Gazza | |||||
Kolfstyl | Regterarm wegbreker | |||||
Boulstyl | Regterarm | |||||
Rol | Aanvangskolwer, afrigter | |||||
Familie | Paul Kirsten (broer) Peter Kirsten (half-broer) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 257) | 26 Desember 1993 v Australië | |||||
Laaste Toets | 30 Maart 2004 v Nieu-Seeland | |||||
Enigste ODI | 14 Desember 1993 v Australië | |||||
EDI hempno. | 1 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1987–2004 | Western Province cricket team (Suid-Afrika) | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 101 | 185 | 221 | 294 | ||
Lopies aangeteken | 7,289 | 6,798 | 16,670 | 9,586 | ||
Kolfgemiddeld | 45.27 | 40.95 | 48.31 | 36.58 | ||
100s/50s | 21/34 | 13/45 | 46/79 | 18/58 | ||
Hoogste telling | 275 | 188 | 275 | 188 | ||
Aflewerings geboul | 349 | 30 | 1,727 | 138 | ||
Paaltjies | 2 | 0 | 20 | 3 | ||
Boulgemiddeld | 71.00 | 43 | 41.80 | 37.33 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | – | – | 1 | – | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | – | – | 0 | – | ||
Beste boulontleding | 1/0 | – | 6/68 | 1/25 | ||
Vangskote/Stonkings | 83/– | 61/1 | 171/– | 97/1 | ||
Bron: Cricinfo, 28 Desember 2009 |
Hy was van 2007−2011 die afrigter van die Indiese nasionale krieketspan wat die Krieketwêreldbeker 2011 gewen het. Daarna was hy die afrigter van Suid-Afrika se nasionale krieketspan vanaf Junie 2011 tot Augustus 2013.[1]
Sy ouer halfbroer, Peter Kirsten, het ook vir die Proteas (onder andere tydens die Krieketwêreldbeker 1992) gespeel.