Gamma Microscopii
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gamma Microscopii (afgekort as γ Mic) is die helderste ster in die sterrebeeld Mikroskoop (Microscopium).[5] Dit het ’n skynbare magnitude van 4,68,[3] wat te dof is om uit stadsgebiede te sien. Volgens parallaksmetings is dit sowat 223 ligjare van die Son af.
Kitsfeite
Gamma Microscopii
| ||||
Die ligging van Gamma Microscopii (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Mikroskoop | |||
Spektraaltipe | G6 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 01m 17.46047s[2] | |||
Deklinasie | -32° 15′ 27.9574″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,680[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 0,49[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,882[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,575[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,5[5] | |||
Radius (R☉) | 10[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 64[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 620 miljoen[5] | |||
Temperatuur (K) | 5 050[6] | |||
Afstand (ligjaar) | 223 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,22 ± 0,11[7] | |||
Ander name | ||||
CD−32 16353, CPD−32 6269, FK5 1550, GC 29331, HD 199951, HIP 103738, HR 8039, SAO 212636, WDS 21013-3215A.[8][9] | ||||
|
Sluit