From Wikipedia, the free encyclopedia
Gamma2 Normae (afgekort as γ2 Nor) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Winkelhaak (Norma). Met sy skynbare magnitude van 4,02[3] is dit ’n dowwe ster, maar wel met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings[2] is die ster sowat 129 ligjare van die Son af. Dit beweeg teen ’n radiale snelheid van -29 km/s nader aan ons.[7]
Gamma2 Normae
| ||||
Die ligging van Gamma2 Normae (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Winkelhaak | |||
Spektraaltipe | K0 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h 19m 50.42227s[2] | |||
Deklinasie | -50° 09′ 19.8223″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,02[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,057[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,08[3] | |||
U-B-kleurindeks | +1,16[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,16[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 51[5] | |||
Temperatuur (K) | 4 699[4] | |||
Afstand (ligjaar) | 129 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,23[4] | |||
Ander name | ||||
CD−49° 10536, GJ 9554, HD 146686, HIP 80000, HR 6072, SAO 243643, GC 12216[6] | ||||
|
Dit is ’n geëvolueerde geelkleurige reusester van spektraaltipe K0 III[1] met ’n massa van sowat 2,16 keer dié van die Son.[4] Dit het uitgesit tot ’n radius van 10 keer die Son s'n.[8] Dit is ’n rooiklontster op die horisontale tak, wat aandui dit verbrand helium in sy kern.[9] Sy ligsterkte is omtrent 51 keer die Son s'n[5] en sy effektiewe temperatuur is 4 699 K.[4]
Gamma2 Normae het ’n nabygeleë metgesel. Hulle is eers as ’n dubbelster beskou,[10] maar volgens latere data is die metgesel verder weg geleë. Nog ’n ster van die 16de magnitude en met ’n temperatuur van 5 972 K is 20 boogsekondes van Gamma2 Normae af en het dieselfde parallaks en eiebeweging.
Gamma1 Normae is ’n geel superreus wat verder van die Son af en byna ’n magnitude dowwer as Gamma2 Normae is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.