Francisco de Almeida
From Wikipedia, the free encyclopedia
Francisco de Almeida (gebore ca. 1450 in Lissabon; oorlede 1 Maart, 1510 Tafelbaai, aan die Kaap die Goeie Hoop) was 'n Portugese edelman, soldaat en ontdekkingsreisiger. Hy het homself onderskei as 'n raadgewer aan koning Johan II van Portugal en later in die oorloë teen die More, asook in die verowering van Granada in 1492. In 1503 word hy aangestel as eerste goewerneur en onderkoning oor die portugese Staat van Indië (Estado da Índia). Hy het Tafelbaai in 1510 aangedoen en in ’n skermutseling met plaaslike Khoi-veeboere omgekom. Portugese seevaarders het daarna van die Suider-Afrikaanse kus probeer wegbly.[1]
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Francisco de Almeida Francisco d'Almeida | |
---|---|
Gebore | ca. 1450 |
Sterf | 1 Maart 1510 |
Nasionaliteit | Portugal |
Beroep | edelman, soldaat, ontdekkingsreisiger en Visekoning van Portugees-Indië |
Bekend vir | Vestiging van die Portugese vloothegemonie in die Indiese Oseaan. |
Termyn | 1505–1509 |
Voorganger | Amp geskep |
Opvolger | Afonso de Albuquerque |
Sluit