Franche-Comté
administratiewe gewes (région) van Frankryk / From Wikipedia, the free encyclopedia
Franche-Comté (Frankoprovensaals Franche Comtât, letterlik: Vrygraafskap) is 'n klein (16 202 km² teenoor die gemiddelde 24 762 km²) administratiewe gewes (Frans: région) van Frankryk. Dit verteenwoordig 3% van die Franse grondgebied en bevat vier départements: Doubs (25), Haute-Saône (70), Jura (39) en Territoire de Belfort (90). Terwyl die eerste drie elkeen in die omgewing van 5 000 km² beslaan, is laasgenoemde minder as 600 km² groot en verteenwoordig dit die kleinste metropolitaanse département buite Parys. Franche-Comté het 1 786 munisipaliteite (Frans: communes) waarvan klein dorpies die grootste gedeelte uitmaak..
Franche-Comté | |
---|---|
Départements | Doubs (25) Haute-Saône (70) Jura (39) Territoire de Belfort (90) |
Prefektuur | Besançon |
Bevolking | 1 177 096 inw. (2013) |
Bevolkingsdigtheid | 90 inw./vk km |
Oppervlakte | 16 202 vk km |
Arrondissemente | 8 |
Kantons | 116 |
Munisipaliteite | 1 786 |
President van Gewestelike Raad | Marie-Marguerite Dufay (2008-) |
Besançon, die streekshoofstad is 405 km van Parys, 200 km van Nancy, 226 km van Straatsburg, 155 km van Basel (Frans: Bâle), 177 km van Genève, 195 km van Lyon en 91 km van Dijon af geleë.
Die inwoners van Franche-Comté staan bekend as die: Francs-Comtois - Francs-Comtoises.