Formosaanse tale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Formosaanse tale is die tale van die eiland Taiwan (Republiek China) se inheemse bevolking en behoort tot die Austronesiese tale. Die deur die regering erkende Taiwanese aborigines vorm sowat 2,3% van die eiland se bevolking.[1] As gevolg van eeue se taalverskuiwing kan baie min van hulle nog die taal van hul voorvarders praat. Van die sowat 26 tale van die Taiwanese aborigines is tien reeds uitgestorwe, vier (moontlik vyf) is sterwend, en verskeie ander is op 'n vlak bedreig.[2][3]
Formosaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Taiwan (Republiek China) |
Genetiese klassifikasie: |
Austronesies Formosaanse tale |
Onderafdelings: |
Rukai
Puyuma
Tsou
Suidelike Tsouies
Noordelike Formosaans
Atayalies
Oostelike Formosaans
Bunun
Paiwaans
|
Verspreiding van Formosaanse tale |
Die inheemse tale van Taiwan is belangrik vir die historiese taalwetenskap, omdat Taiwan die plek van oorsprong vir die hele Austronesiese taalgroep vorm. Volgens die taalkundige Robert Blust vorm die Formosaanse tale nege van die tien hooftakke van die Austronesiese tale,[4] terwyl die tiende oorblywende hooftak omtrent 1 200 Maleis-Polinesiese tale buite Taiwan bevat.[5] Hoewel party taalkundiges met sommige details van Blust se analise verskil, bestaan 'n breë konsensus dat die Atayaliese tale op Taiwan ontstaan het.[6] Dié teorie is deur onlangse studies in die menslike bevolking se genetika versterk en ondersteun ook die matrilineêre aard van die migrasie.[7][8][9][10]
Al die Formosaanse tale word bestendig deur die kultureel dominante Chinees-Mandaryns bedreig. In die onlangse dekades het die Taiwanese regering die herinvoering van die taalonderrig vir die Formosaanse tale geïnisieer.[11][12] Die Formosaanse tale vorm sedert 2017 saam met Chinees-Mandaryns, Taiwannees en Hakka die amptelike tale van die Republiek China op Taiwan.[13]