From Wikipedia, the free encyclopedia
Ferenc Fricsay (Hongaars:ˈfɛrɛnt͡s ˈfrit͡ʃɒi; 9 Augustus 1914 – 20 Februarie 1963) was 'n Hongaarse dirigent. Hy was vanaf 1960 tot sy dood 'n Oostenrykse burger gewees.
Fricsay was bekend vir sy interpretasies van die musiek van Mozart en Beethoven, sowel as die van sy onderwysers Béla Bartók en Zoltán Kodály. Sy 1958 opname van Beethoven se Simfonie No. 9 word gebruik in die rolprent A Clockwork Orange.
Hy het volgens die inskrywing in die New Grove sonder 'n dirigeerstaf gedirigeer, maar het "die ongunstige kritici van sy tegniek tot skande laat kom deur die buitengewone helderheid en presisie van sy uitvoerings," aan welke uitvoerings ook 'n dinamiese gees en helderheid van karakter in die bekende werke toegedig is.
Hy het van die 1950s tot sy dood vir die Deutsche Grammophon plate-etiket opnames gemaak en die inhuldiging van die herboude Deutsche Oper Berlin gelei met 'n uitvoering van Don Giovanni op 24 September 1961.[1] 'n Video van hierdie uitvoering is op DVD uitgereik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.