FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vyfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954; Frans: Championnat du Monde de Football 1954; Italiaans: Campionato mondiale di calcio 1954; Romansch: Campiunadis mundials da ballape 1954; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 16 Junie tot 4 Julie 1954 in Switserland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Switserland aangebied is en die derde in Europa.
FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954 (de) Championnat du Monde de Football 1954 (fr) Campionato mondiale di calcio 1954 (it) Campiunadis mundials da ballape 1954 (rm) | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Switserland |
Datums | 16 Junie – 4 Julie |
Spanne | 16 (van 4 konfederasies) |
Stadions | 6 (in 6 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Wes-Duitsland (1 titel) |
Tweede plek | Hongarye |
Derde plek | Oostenryk |
Vierde plek | Uruguay |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 26 |
Doele | 140 (5.38 per wedstryd) |
Bywoning | 889 500 (34 212 per wedstryd) |
Meeste punte | Sándor Kocsis (11 doele)[1] |
Beste speler | Ferenc Puskás |
← 1950 1958 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 3–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het; hierdie gebeurtenis staan in Duitsland bekend as die Wunder von Bern (“Wonderwerk van Bern”). Die Hongaarse nasionale sokkerspan is as gunsteling op die titel gehandel, terwyl die Wes-Duitse nasionale sokkerspan net as buitestaander beskou is; dit was die eerste nederlaag vir die destydse “Goue sokkerspan” ná ’n vierjaarreeks van net oorwinnings of onbesliste wedstryde. Die Wes-Duitse nasionale sokkerspan het die wêreldbekertitel vyf jaar ná die stigting van die Bondsrepubliek Duitsland in 1949 en tydens die “ekonomiese wonder van Duitsland” (Wirtschaftswunder) verower. Oostenryk het in die derde en die verdedigende kampioen Uruguay in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Skotland, Suid-Korea en Turkye het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem; Wes-Duitsland se deelname aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 word soms ook as ’n debuut beskou, alhoewel Nazi-Duitsland aan die toernooie in 1934 en 1938 deelgeneem het. Skotland en Turkye het reeds suksesvol vir die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer, maar hulle nog voor dié toernooi se afskop weer hulleself onttrek. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is ’n algehele rekord vir aangetekende doele opgestel, insluitende die hoogste gemiddelde doele wat per wedstryd behaal is, waarvan 27 doele deur die Hongaarse nasionale sokkerspan aangeteken is en 25 deur Wes-Duitsland.