ster in die sterrebeeld Arend From Wikipedia, the free encyclopedia
Eta Aquilae, of η Aql, is die Bayer-naam van ’n ster in die sterrebeeld Arend (Aquila). Die ster het ’n gemiddelde skynbare magnitude van 3,87,[3] en is dus een van die helderste sterre in die Arend. Gebaseer op parallaksmetings wat tydens die Hipparcos-sending gedoen is, is die ster sowat 1 382 ligjare van die Aarde af, hoewel daar ’n foutmarge van 44% is.[2]
Eta Aquilae
| ||||
Eta Aquilae se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Arend | |||
Spektraaltipe | F6 Ibv[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 52m 28.36775s[2] | |||
Deklinasie | +01° 00′ 20.3696″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,87[3] (3,5 tot 4,4[4]) | |||
B-V-kleurindeks | 0,89[5] | |||
U-B-kleurindeks | 0,51[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 9,3 ± 0,4[1] | |||
Radius (R☉) | 66 ± 22[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 11,474 | |||
Ouderdom (jaar) | 26,4 miljoen[1] | |||
Temperatuur (K) | 6 000[7] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Cepheïed | |||
Ander name | ||||
Bazak, 55 Aquilae, BD+00°4337, FK5 746, HD 187929, HIP 97804, HR 7570, SAO 125159 | ||||
|
Dit is ’n klassieke Cepheïed met ’n wisseling in magnitude van 3,5 tot 4,4 met ’n periode van 7,176641 dae. Saam met Delta Cephei, Zeta Geminorum en Beta Doradus, is dit een van die duidelikste Cepheïede wat met die blote oog gesien kan word;[8] die ster self en die helderheidswisselings is sonder ’n teleskoop sigbaar.
In sy relatief jong bestaan van 26 miljoen jaar het die ster sy waterstof opgebruik en ontwikkel in ’n superreus van spektraaltipe F6 Ibv.[1] Die ster se periodieke pulserings laat dit eintlik wissel tussen klas F6,5 en G2 Ib tydens ’n siklus.[9]
Eta Aquilae se massa is sowat 9 keer dié van die Son, sy radius is 66 keer en sy ligsterkte 11 474 soveel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.