Wikimedia lysartikel From Wikipedia, the free encyclopedia
Ernstige akute respiratoriese sindroom (afgekort as Ears), is 'n dodelike asemhalingswegsiekte wat in 2003 vinnig van die suide van die Volksrepubliek China na ander wêrelddele begin versprei het. Dit is in Engels en verskeie ander tale bekend as SARS.
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Ears | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Ernstige akute respiratoriese sindroom. | ||
ICD-10 | U04 | |
ICD-9 | 079.82 | |
DiseasesDB | 32835 | |
MedlinePlus | 007192 | |
eMedicine | med/3662 | |
MeSH | D045169 | |
Mediese waarskuwing |
Tussen November 2002 en Julie 2003 het 'n uitbraak van Ears in suidelike China wêreldwyd 8 098 gevalle tot gevolg gehad, waaraan 774 in 17 verskillende lande dood is ('n sterftesyfer van 9,6%),[1] waarvan die meeste gevalle in vasteland-China en Hongkong.[2] Aan die einde van 2017 het Chinese wetenskaplikes die virus opgespoor deur middel van sivetkatte as tussenganger van grotbewoner-vlermuise in die Yunnanprovinsie.[3]
Sedert 2004 is geen gevalle van Ears meer wêreldwyd aangemeld nie.[4] Die verwante virus SARS-CoV-2 is egter die oorsaak van die voortdurende wêreldwye Koronaviruspandemie sedert 2020.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.