From Wikipedia, the free encyclopedia
Epsilon Indi (ε Ind, ε Indi) is ’n veelvoudige ster sowat 12 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Indiër (Indus). Dit bestaan uit ’n klas K-tipe hoofreeksster, ε Indi A, en twee bruin dwerge, ε Indi Ba en ε Indi Bb, in ’n wye wentelbaan om A. Die bruin dwerge is in 2003 ontdek.
Epsilon Indi
| ||||
Die ligging van Epsilon Indi (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Indiër | |||
Spektraaltipe | K5V / T1V / T6V | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 03m 21,6571s | |||
Deklinasie | −56° 47′ 09,514″ | |||
Skynmagnitude (m) | 4,69 | |||
B-V-kleurindeks | 1,056 ± 0,016[1] | |||
U-B-kleurindeks | 1,00[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | A / Ba / Bb: 0,762 / 0,066 / 0,047 | |||
Radius (R☉) | 0,732 / 0,08 / 0,08 | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,22 | |||
Ouderdom (jaar) | 1,3 miljard | |||
Temperatuur (K) | 4 630 (ε Ind A) | |||
Afstand (ligjaar) | 11,83 | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | Drievoudige stelsel | |||
Ander name | ||||
CP(D) −57°10015, GCTP 5314.00, GJ 845, HD 209100, HIP 108870, HR 8387, LHS 67, SAO 247287, FK5 825, UGP 544.[3] | ||||
|
Die sterrebeeld Indiër het in 1603 die eerste keer in Johann Bayer se hemelatlas, Uranometria, verskyn. In die 1801-steratlas Uranographia, deur Johann Elert Bode, word Epsilon Indi aangedui as een van die pyle in die linkerhand van die Indiër.[4]
In 1847 het Heinrich Louis d'Arrest die posisie die van ster in verskeie katalogusse tot so ver terug as 1750 bestudeer en ontdek dit het ’n meetbare eiebeweging. Hy het dus gevind die ster het oor ’n tydperk van posisie verander.[5] In 1882–'83 is die parallaks van die ster in die Kaap die Goeie Hoop gemeet op sowat 0,22 ± 0,03 boogsekondes.[6] In 1923 het Harlow Shapley van die Harvard-sterrewag ’n parallaks van 0,45 boogsekondes gemeet.[7]
Epsilon Indi A is ’n hoofreeksster van spektraaltipe K4,5V. Sy massa is net sowat driekwart van die Son s'n.[8] Sy oppervlakswaartekrag is effens groter as die Son s'n[2] en sy metaalinhoud sowat 87% van die Son s'n.[9] Sy sterwind skep ’n boogskok tot op 63 astronomiese eenhede (AE) van die ster af.[10]
Epsilon Indi het die derde grootste eiebeweging van sterre wat met die blote oog gesien kan word naas Groombridge 1830 en 61 Cygni,[11] en die negende grootste van alle sterre.[12] Vanweë dié beweging sal dit omstreeks 2640 n.C. in die sterrebeeld Toekan inbeweeg.[13] Dit is waarskynlik deel van die bewegende ε Indi-groep van minstens 16 populasie I-sterre[14] wat moontlik op dieselfde tyd en plek ontstaan het.[15]
In Januarie 2003 het sterrekundiges die ontdekking van ’n bruin dwerg met ’n massa van 40 tot 60 Jupiter-massas in ’n wentelbaan om Epsilon Indi aangekondig.[4][16] In Augustus 2003 het sterrekundiges ontdek die bruin dwerg is eintlik ’n dubbelster, sowat 2,1 AE van mekaar af met ’n wentelperiode van sowat 15 jaar.[17][18] Albei bruin dwerge is van spektraalklas T; die een met die grootste massa, ε Indi Ba, van spektraaltipe T1 V–T1,5 V en die ander een, ε Indi Bb, van tipe T6 V.[18]
Die meting van die radiale snelheid van Epsilon Indi in 2002[19] dui ’n neiging aan wat op ’n eksoplaneet kan dui met ’n wentelperiode van langer as 20 jaar. Dit het waarskynlik ’n massa van 1,6 Jupiter-massas en is rofweg 6,5 AE van die ster af. Dit kan egter ook ’n eksotiese steroorblyfsel wees.[20]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.